Baie werk vir stadsbaas
Baie werk vir stadsbaas

Baie werk vir stadsbaas

Dani Booysen
Dani Booysen - Uiteindelik het die Namibiese hoofstad ‘n nuwe uitvoerende hoof en op mnr. Robert Kahimise wag daar talle groot take.

Hy het persoonlik die beskikbaarstelling van grond en dus die behuisingstekort as van sy belangrikste prioriteite uitgesonder. Inderdaad is hierdie ‘n brandende vraagstuk en inwoners van Windhoek gaan nie tevrede wees met verdere sloerdery en leë beloftes nie.

Die ongelukkige stigmas van korrupsie en onbevoegdheid wat weens sekere besluite aan die stadsraad en munisipaliteit kleef, moet dringend aandag geniet.

Kahimise neem in ‘n moeilike tyd die leisels oor. Buiten vir ‘n waterkrisis is daar steeds ‘n groot begrotingstekort wat uitgewis moet word en eise vir beter dienslewering op sekere fronte kom algemeen voor.

Alle Windhoekers wil ook veiliger leef. Dalk sal die publiek se mening weer getoets moet word oor die plan om ‘n heffing in te stel om die stadspolisie groter slaankrag te gee.

Die oprigting van spesiale verkeershowe vir die hoofstad is goeie nuus. Dit moet vinnig in werking gestel word en algemene verkeerskwessies moet beslis deurlopend beter hanteer word.

Om uitdagings te oorkom, sal ondersteuning deur ‘n doeltreffende en bevoegde bestuur en raad deurslaggewend wees.

Probleme in Windhoek moet gouer opgelos word eerder as later. Indien inwoners reeds binne ses maande en ‘n jaar geen tasbare veranderinge sien nie, kan dit alleen vertroue en hoop op verandering nog verder verswak.

So sê ander

31 Januarie 2016

Trump’s firing of the acting attorney general sets a dangerous precedent

President Trump’s decision to fire acting attorney general Sally Yates for daring to exercise her objective legal judgment about the president’s recent immigration order violated the traditional independence of the Justice Department and sets a dangerous precedent for the rule of law under his administration.

This standard of independence, unique among Cabinet members, is designed to insulate questions of law from inappropriate political pressure.

The legality of the underlying executive order is hotly debated.

There is no law that establishes the Justice Department’s independence. Like many democratic norms, it has rested on faithful adherence by committed public servants, attorneys who are willing to make independent judgments, and the oversight of Congress and the free press. Trump just made clear that he does not respect this tradition. It now falls to the rest of us to show that we do.

• MATTHEW MILLER IN THE WASHINGTON POST

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!