Bakar: baai sonder see
Slowenië bloei suidwaarts uit Sentraal-Europa tot teenaan 'n klein stukkie Adriatiese strand oos van Italië. Kroasië lê wes hiervan, loop verder suidwaarts en sluk sodoende 'n groot strook kus in. Bosnië-Herzegowina klou aan Kroasië se rug tot dit in die suidelike platteland 'n klein stukkie seetoegang kry. Hier hoor jy Turkye saggies uit die ooste roep.
Bakar is 'n oulike kusdorpie in Kroasië. Die inwoners is in opstand oor die jare lange besoedeling van hul kaai wat hulle moedeloos “Ons baai sonder 'n see” doop. 'n Plaaslike kunstenaar raai ons af om in die onskuldige “skoon” water daar te swem. Hy gaan eerder na strande verder noord of suid.
Die steenkoolgroef op die een punt van die hawe is skuldig. Nie net word die see besoedel nie, daar is blykbaar steenkoolstof in die lug as die wind landwaarts waai. Dan kla die dorp se vrouens driftig oor die besmetting van hul skoon, uitgehangde wasgoed.
Tog, 'n entjie van die hope steenkool af, baljaar seuns in helder water. Naby hulle, vergesel van 'n motorboot, oes 'n man in 'n duikpak een of ander skulpdier van seeboeie. Die hawe voed vreesloos voort. Een oggend vroeg krap 'n ou man mosseltjies met 'n langsteel- skephark uit die baai se stil water en skemeraand hengel 'n parapleeg sy ete van die kaai.
Die Turkse huis hier het 'n legende oor stry. Niemand stry egter oor die feit dat die Turke nooit Bakar ingeneem het nie. Selfs die Venesiërs kon dit nie regkry nie. Net die torpedoes afgevuur deur die Italianers in die Eerste Wêreldoorlog tref skepe in die baai. As jy kan uitvind waar die wrakke lê, kan dit moontlik 'n duikavontuur word.
Die Turkse huis, volgens een oorvertelling, is deur 'n Bakar-matroos gebou. Hy het op 'n mooi Turkse nooi verlief geraak en sy op hom. Hy moes, soos sy nering dikteer, gaan visvang. Sy vrou was baie venynig. Sy treiter hom voortdurend dat sy drie hoeke van die huis moet skoonhou en hy kan nie eers een behartig nie. Toe hy dit nie meer kon verduur nie, nooi hy sy vriende, breek sy huis af en bou een sonder 90º-hoeke.
Ek weet nie of dit gehelp het nie, maar die huis staan nog.
Hier is 'n kasteel wat glad nie soos een lyk nie en ook 'n wêreldklas mariene skool. Bakar is diep in seevaart gedompel sedert 1849. Een oggend sien ons 'n span leerlinge met oorgawe in 'n reddingsboot roei. Daar was geen drenkeling nie. Dit was hul LO-klas.
Met oor die 1 200 eilande is dit geen wonder die Kroate eet uit die see nie. Die Bakar Grill, wat sonder voorgee is, se seekospryse is billik en die porsies gul.
Ligrije na Zaru (calamari) was een van die duurste geregte teen 40 kuna (N$80 teen Mei vanjaar se wisselkoerse bereken). Incun (ansjovis, maar ek dink my halfdosyn bondeltjie was eerder Europese pelsers) kos my 20 kuna. Riblja Juha (vissop) was die goedkoopste teen 10 kuna (N$20).
Vir 'n kosverrassing, bestel gewone vis en skyfies in Kroaties.
Jy kry 'n ruim skepsel kapokaartappels en ses sardientjies.
Maar dit is veral met verblyf waar die mededinging kwaai is. Netjiese, ruim woonstelverblyf kos selde meer as N$900 per nag vir twee mens. Die blyplek is gewoonlik skoon, goed geleë en met alle toerusting in 'n werkende toestand –waarde vir geld.
Raak Bakar te klein, kan jy daagliks gemaklik met die bus na die nabye Rijeka, 'n stad met 'n lewendige naglewe ry, en teen middernag met die laaste bus terugkeer.
'n Beeldhouwerk van twee vissers wat swoeg om 'n vrag vis te land, staan op die kaai voor Bakar se Pomorska Skola. Daar is egter geen net vol vis nie.
Ek wonder waar is die vissies gevang wat ek by die Grill geëet het. Ek voel elke dag of ek nie horings en vinne begin groei nie. My vrou hoop om in 'n meermin te verander.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie