Bal aan die rol in seniors se seisoen
Atletiek
Andrew Poolman - Naellopers en hoogspringers het vir van die beste kompetisie gesorg toe Atletiek Namibië se eerste byeenkoms in die Coca-Cola-reeks laas naweek op Otjiwarongo aangebied is.
Atletiek Namibië het beslis voordeel getrek deur sy senior byeenkoms gesamentlik met die Edugate Akademie en sy hoofborg Securitas se skoledag aan te bied. Die voordele het onder meer ten opsigte van organisering, toerusting en atmosfeer gegeld. (Uitslae van laasgenoemde byeenkoms verskyn op bl. 29).
In die 100 meter-mansfinaal was daar 'n tikkie drama toe Mahmad Bock van Unam atletiekklub gediskwalifiseer is toe hy te vroeg weggespring het. Vroeër het juis hy die vinnigste tyd van die uitdunne (10.78 s) opgestel.
In die finaal het Dantago Gurirab verder verras deur die voormalige nasionale kampioen Hitjivirue Kaanjuka om die eerste plek uit te stof met sy wentyd op 10.78 sekondes. Gurirab en Kaanjuka se tye in die uitdunne was onderskeidelik 10.98 en 10.84 s.
In die mans hoogspring was daar 'n goeie tweestryd voordat Coenraad Blaauw van Windhoek op die ikoniese hoogte van 2.00 meter geslaag en gewen het. Die jong Vizamuje Ujaha van Swakop Striders wat tot onlangs in Pretoria geoefen het, het tot op 1.95 m in sy nek geblaas, met sy klubmaat Lusiana Manale derde op 1.90 m.
Greg Makari van Unam se oorwinnings in die verspring en driesprong was genoeg om te wys dat hy hierdie seisoen 'n aanspraakmaker in senior byeenkomste kan wees.
By die vroue was Desiree Kandovazu en Globine Mayova te sterk vir die ander naellopers, nadat hulle in die nasionale groep was wat vir maande in Jamaika geoefen en gestudeer het.
Die vroue van Rehoboth atletiekklub (68) het die meeste ligapunte vir die dag versamel – meer as Nampol (36) en die derde geplaasde Cattle Country (24) saam. Gesamentlik vierde was Triomf atletiekklub (20) en Welwitschia-77 (20), gevolg deur Windhoek Hochland Sportklub (19), Golden Cheetahs (18), Swakop Striders (18), Kakadhinwa atletiekklub (13), Oshakati atletiekklub (11), Omaruru atletiekklub (6), NDF (4), Namib Lions (4) en Flamingo (3).
Die manskompetisie het ook aan Rehoboth atletiekklub (66 punte) behoort. Tweede was Omaruru atletiekklub (48) en derde Windhoek Hochland Sportklub (36).
Die res van die manstotale was Nampol (33), Tsaraxa-Aibes atletiekklub (23), Golden Cheetahs (20), Lüderitz atletiekklub (17), Namibië Korrektiewe Dienste (14), Swakop Striders (14), Triomf atletiekklub (11), Namib Lions (10), Welwitschia-77 (9), die NDF (7), Mukwe atletiekklub (6), Golden Cheetahs (3) en Oshakati atletiekklub (1).
Die voorste individuele uitslae:
MANS
100 meter: 1 Dantago Gurirab (Golden Cheetahs) 10.78 s. 2 Hitjivirue Kaanjuka (Nampol) 10.95. 3 Thasiso Auchamub (Omaruru) 11.19.
200 meter: 1 Dantago Gurirab (Golden Cheetahs) 22.38 s. 2 Ernst Narib (Nampol) 22.54. 3 Ivan-Danny Geldenhuys (Triomf) 22.68.
400 meter: 1 Ernst Narib (Nampol) 48.63 s. 2 Ronny Tjimune (Omaruru) 49.97. 3 Tomas Ndunge (Lüderitz) 51.10.
800 meter: 1 David Dam (Omaruru) 1:58.72. 2 Ananias Simon (Lüderitz) 1:59.87. 3 Jeremia Kavanje (Namib Lions) 2:00.20.
Verspring: 1 Greg Makari (Unam) 6.29 m. 2 Dennis Orlam (Rehoboth) 6.17. 3 Simon Divingi (Mukwe) 6.08.
Driesprong: 1 Greg Makari (Unam) 13.72 m. 2 Dennis Orlam (Rehoboth) 13.27. 3 Ginaldo Kisting (Tsaraxa) 13.13.
Hoogspring: 1 Coenraad Blaauw (WHS) 2.00 m. 2 Vizamuje Ujaha (Swakop Striders) 1.95. 3 Lusiano Manale (Swakop Striders) 1.90.
Diskusgooi: 1 Dirk Potgieter (WHS) 30.35 m. 2 Ludwig Araeb (Tsaraxa) 29.90. 3 Clark Seibeb (Omaruru) 29.88.
Spiesgooi: 1 Paul Majiedt (Rehoboth) 48.94 m. 2 David Ndeilenga (Namibië Korrektiewe Dienste) 45.56. 3 William van Wyk (Rehoboth) 44.62.
VROUE
100 meter: 1 Desiree Kandovazu (Welwitschia-77) 12.68 s. 2 Olivia Junius (Nampol) 13:00. 3 Jesse Joseph (Rehoboth) 13.11.
200 meter: 1 Desiree Kandovazu (Welwitschia-77) 26.04 s. 2 Olivia Junius (Nampol) 27.56. 3 Nelia Landsberg (Whk Hochland Sport) 28.57.
400 meter: 1 Globine Majova (Nampol) 1:03.79. 2 Nelia Landsberg (WHS) 1:05.25. 3 Ze-zane Lewin (Rehoboth) 1:05.60.
800 meter: 1 Salmi Nduuviteko (Nampol) 2:20.80. 2 Ndinelao Dumeni (Kakadhinwa) 2:24.09. 3 Rauna Eelu (Oshakati) 2:28.19.
Verspring: 1 Corlia Kruger (Triomf) 4.94 m. 2 Kangotui Womba (Cattle Country) 4.63. 3 Ndapandula Werner (Rehoboth) 4.53.
Hoogspring: 1 Meriam Minin (Unam) 1.40 m. 2 Kangotui Womba (Cattle Country) 1.40. 3 Jane Louw (Rehoboth 1.30.
Driesprong: 1 Jesse Joseph (Rehoboth) 10.88 m. 2 Ze-zane Lewin (Rehoboth) 9.55.
Gewigstoot: 1 Selma Shilongo (Golden Cheetahs) 10.54 m. 2 Conette Smith (Swakop Striders) 10.20.
Diskusgooi: 1 Conette Smith (Swakop Striders) 32.20 m. 2 Selma Shikongo (Golden Cheetahs) 30.60.
Spiesgooi: 1 Corlia Kruger 31.06 m. 2 Fiola Fliede (Rehoboth) 26.74.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie