Bali-vulkaan dreig om uit te bars
Indonesië
Indonesiese owerhede is op 'n gereedheidsgrondslag om vlugte op pad na die vakansie-eiland Bali te herlei midde toenemende skuddings van 'n vulkaan en vrese dat dit enige oomblik kan uitbars.
Die berg Agung, 75 km van die toeristemekka Kuta af, skud reeds sedert Augustus en dreig om vir die eerste keer in meer as 50 jaar uit te bars.
Dit sal meebring dat meer as 80 000 mense gedwing word om uit hul huise te vlug.
Bali lok jaarliks miljoene buitelandse toeriste na hul strande vol palmbome en 'n uitbarsting kan die eiland se ekonomie, wat van toerisme afhanklik is, 'n harde hou toedien.
Bali se lughawe in die hoofstad, Denpasar, is nie geraak nie, maar verskeie lande, insluitende Australië en Singapoer het waarskuwings aan toeriste uitgereik om op hul hoede te wees.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie