Balt se wenduif die vinnigste
Balt se wenduif die vinnigste

Balt se wenduif die vinnigste

Resiesduiwe
Die Windhoek Resiesduifklub het die afgelope naweek 'n wedvlug oor 379 ­kilometer vanaf Tses gehou.

In die ope afdeling het Jan Balt se wenduif 'n gemiddelde snelheid van 1261 m/minuut opgestel.

PW Esterhuizen se wenduif in die jaaroud afdeling het 'n gemiddelde spoed van 1236 meter per minuut gehandhaaf.

Die plekke vanaf Tses is soos volg behaal:

Jaaroud wedvlug: PW Esterhuizen eerste, derde en vierde; Charl Visser tweede, sesde, agtste en negende; Marius van Zyl vyfde; Jan Balt sewende, Nollie de Villiers tiende.

Ope wedvlug: Jan Balt eerste, tweede en derde; Charl Visser vierde, vyfde en tiende; Hennie Maré sesde en agtste; Ernst Blaauw sewende; Wikus & Christelle Loots negende.

Die klub se volgende wedvlug is komende Saterdag vanaf Seeheim (471 km).

• Die Windhoek-klub het die afgelope naweek ook 'n wedvlug vir die nasionale hok vanaf Tses gehou. Dit was die eerste van drie wat vir sogenaamde “hotspot”-punte tel.

Die plekke is soos volg behaal: 1 Sakkie van Heerden; 2 Jan Balt; 3 Jaco Oberholzer.

Die nasionale hok se volgende “hotspot”-wedvlug is op 7 Julie vanaf Narubis (501 km). Belangstellendes is welkom om op die webblad www.wrdknam.com op die hoogte van die klub se bedrywighede te bly.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer