Bamunu verdien miljoene uit trofeejag
Die Bamunu- kommunale bewaringsgebied by Sibbinda in die Zambezistreek het sedert sy stigting in 2011 nagenoeg N$40 miljoen uit trofeejag verdien.
Volgens mnr. Austin Muyabe, die bewaringsgebied se sekretaris, is meer as N$1,4 miljoen uit trofeejag alleen tot dusver vanjaar voortgebring.
"Voor die einde van die jaar verwag ons nog meer professionele trofeejagters wat sebras, olifante, buffels, krokodille, vlakvarke, seekoeie en koedoes hier gaan kom jag," het Muyabe gesê.
Hy het gesê een buffel en 'n olifant wat deur 'n professionele trofeejagter gejag word, kan maklik tussen N$100 000 en N$3 000 vir die bewaringsgebied inpalm.
Die bewaringsgebied het meer as 500 olifante, 3 000 buffels, 4 000 sebras en baie ander wildspesies.
Bamunu is sowat 60 km suidoos van Katima Mulilo geleë, bestaan uit vyf nedersettings, naamlik Muketela, Chichimani, Kanono, Shaile, en Malundu, en beskik oor agt gemeenskapswildwagters.
Muyabe sê in 2015 en 2016 het die bewaringsgebied sowat N$800 000 gebruik om elektrisiteit aan die nedersettings te verskaf.
In 2012 is 'n kantoorblok gebou en 'n trekker en sleepwa is gekoop om as vervoer te gebruik en patrollies te doen. Muyabe sê die bewaringsgebied beplan om nuwe trekkers vir elke lid te koop om hul lande daarmee te ploeg.
Volgens mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, is Bamunu een van die suksesvolste en mees deursigtige gemeenskapsprojekte van die ministerie.
Muyunda sê aan die begin van die jaar is volle trofeejagkwotas aan Bamunu vir die tydperk tussen 2017 en 2019 toegeken. Na verwagting kan miljoene dollar deur die trofeejag van 12 buffels, 10 sebras, drie olifante, vier vlakvarke, drie seekoeie en twee koedoes ingewin word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie