Bande wat bars eis lewens
Bande wat bars eis lewens

Bande wat bars eis lewens

Die B1-hoofweg tussen Otjiwarongo en Otavi het Sondag drie mense se lewens geëis.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die ongeluk omstreeks 14:26 sowat 15 km noord van Otjiwarongo plaasgevind.

’n Swart sedan het glo verskeie kere gerol ná die 32-jarige bestuurder beheer daaroor verloor het toe een van die voorste bande gebars het.

“Daar was vier passasiers in die voertuig en twee mans (49 en 33) is op slag dood. Nog ’n insittende (44) is by aankoms by die Otjiwarongo-staatshospitaal dood verklaar,” lui die verslag.

“’n Vrou (43) is ernstig beseer en in dié hospitaal opgeneem.”

Die oorledenes se naasbestaandes is nog nie van hul dood ingelig nie en die polisieondersoek duur voort.

Ook Sondag het mnr. Lesley Strauss omstreeks 17:00 op die grondpad tussen Rehoboth en die plaas Marienhof beheer verloor oor die voertuig wat hy bestuur het, waarná dit omgeslaan het.

Hy is op slag dood.

Volgens die polisie was daar drie insittendes in die voertuig.

Saterdag omstreeks 10:30 het die bestuurder van ’n 4 X 4-voertuig op die hoofpad tussen Oshivelo en Omuthiya by die Omutsegombahe-nedersetting beheer oor die voertuig verloor ná een van die agterbande gebars het.

Volgens die polisie is een passasier op slag dood en ses ander het ligte tot ernstige beserings opgedoen toe die voertuig omgeslaan het.

Die beseerdes is na die Omuthiya-staatshospitaal vir behandeling geneem.

Die voertuig was glo van Ondangwa na Walvisbaai op pad. Die polisieondersoek duur voort.

Saterdag omstreeks 12:30 het ’n 11 maande oue baba in die Omikwiyu-nedersetting naby Onesi in die Omusatistreek ernstige kopbeserings opgedoen ná ’n trekker haar getref het.

Volgens die polisie het die baba onder ’n boom in die veld geslaap waar met ’n trekker geploeg is.

Die baba is eers in die Outapi-staatshospitaal opgeneem en later na die Oshakati-staatshospitaal oorgeplaas waar sy in ’n kritieke toestand verkeer.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!