Bank gee Shikongo 'n halfmiljoen vir eie huis
Bank gee Shikongo 'n halfmiljoen vir eie huis

Bank gee Shikongo 'n halfmiljoen vir eie huis

Sport vir gestremdes
Andrew Poolman
Standard Bank Namibia se oorhandiging van N$500 000 aan die Paralimpiese kampioen Ananias Shikongo om vir hom ''n huis mee te bou, was een van die gewiste hoogtepunte van die Sportvereniging vir Gestremdes in Namibië se jaareindfunksie wat voor die naweek gehou is.

Adv. Sigrid Tjijorokisa het namens die bank gesê die koerantfoto''s waar Shikongo op die rand van sy bed in die Goreangab informele woonbuurt van Windhoek sit, met ''n handvol internasionale medaljes wat bo sy kop hang, het Standard Bank se bestuur en uitvoerende komitee oortuig om in te gryp.

Tjijorokisa het gesê die bank sal die geld deur sy “Buy a Brick” korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram beskikbaar stel.

Shikongo het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê hy voel baie nederig en dankbaar.

“Vanjaar is die jaar vir my om te oes waar ek gesaai het. Ek het in die laaste jare baie hard gewerk en ek is baie gelukkig om uiteindelik te sien dat dit vrugte afwerp.”

Shikongo deel tans ''n sinkhuis met Johannes Nambala, wat ook gesiggestremd is en twee silwermedaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen het. Shikongo het gesê die huis sal nie net sy eie wees nie, maar is vir al die Paralimpiese spanlede wat nie oor behoorlike behuising beskik nie. Hy het gesê hy hoop om ''n erf nader aan die atletiekstadion te kry.

Hy het onlangs ook ''n Toyota 4x4 van Jackson Babi van House of Joy Ministries ontvang.

Shikongo, wat benewens sy goud ook twee bronsmedaljes in Rio de Janeiro verower het, is die land se tweede Paralimpiër wat ''n huis as beloning vir internasionale prestasies ontvang.

Die eerste was Johanna Benson wat ''n huis van die regering gekry het en na wie ook ''n straat in haar tuisdorp Walvisbaai vernoem is. ''n Diplomatieke paspoort was nog een van die geskenke wat sy ná haar goue medalje in Londen 2012 ontvang het.



ERKENNING

Die hoofborge van Paralimpiese sport in Namibië het beide hul voortgesette steun aan die beheerliggaam verklaar.

NamPower dra jaarliks N$1.2 miljoen aan die Sportvereniging vir Gestremdes by, terwyl die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) sowat N$100 000 gegee het.

Van die atlete wat erkenning vir hul prestasies vanjaar gekry het, was Ananias Shikongo, Johannes Nambala, Tobias Moses, Elias Ndimulunde, Lahja Ishitile, Johanna Katjikuru, Rosa Mandjoro, Martin Aloisius, Johanna Benson, Tiheyo Kennedy (almal atletiek), Ruben Soroseb (kragoptel), Gideon Nasilowski en Angula Mateus (beide swem).

Van die vereerdes in basketbal vir rolstoelspelers was Agnes Hausiku, Pedro Nghishiwete, Ingo David, Roodly Gawoseb, Ricardo Ndero, Misika Zibiso en Mitch Dewaldt.

Die gidshardlopers Even Tjiviju, Sem Shimanda, David Ndeilenga en André Oberholster het saam met die Paralimpiese naellopers gehardloop en is ook vir hul rol vereer.

Uit die gelede van die Spesiale Olimpiese beweging (verstandelik gestremdes) is erkenning gegee aan Sackeus Shigwedha, Goudesia Johannes en Matilde Shikongo, wat almal aan sokker en atletiek deelneem.

Die afrigters Sonja Lindemeier, Richard Goraseb, Pondo Ndeilenga, Bjorn Magg, Ndamien Ndengu, Zikizee Mutenge, Charles Albert, Marius Grabbe en Arne Zitzke se bydrae het ook erkenning gekry.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!