Bank hou whiskyfees
Bank hou whiskyfees

Bank hou whiskyfees

Die FNB Whiskyfees sal op 15 Julie by die Windhoek Country Club in die hoofstad gehou word met sowat 12 top- whisky handelsmerke. Feesgangers kan na 'n ekstra verrassing uitsien, want die wêreld se gunsteling­sjampanje, Moët & Chandon, sal ook uitgestal word.

“Moët word geassosieer met sukses en glansrykheid. Ons nooi almal uit om te ontdek hoekom Moët die beste sjampanje is. Dit skitter met die gees van charisma en prestasie. Elke glas loop oor van geskiedenis, vrygewigheid, savoir faire, sukses, vrymoedigheid en elegansie, wat jy op die FNB Whiskyfees kan proe,” het me. Madri van Wyk, bemarkingsbestuurder van FNB Namibia, gesê. Deelnemende whiskyhuise is onder meer Glenmorangie, Jack Daniels, Chivas Regal, Jamesons, Glenlivet, Johnny Walker, Bulleit, Bunnahabhain, Dalmore, Jura en Laphroaig. Ander uitstallers, soos Lindt Chocolatiers en 'n sigaarsitkamer sal besoekers van 'n onvergeetlike ervaring voorsien.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer