Bank staan agter NGF
Gimnastiek
Die Namibiese Gimnastiekfederasie het onlangs die 13de Afrika-kampioenskap op Walvisbaai vir ritmiese, trampolien- en tuimel-gimnastiek aangebied.
’n Kompetisie van hierdie statuur en omvang vereis nie net harde werk en beplanning nie, maar ook groot finansiële steun.
Die federasie was bevoorreg om vooraf ’n ruim borgskap van Bank Windhoek te ontvang vir die aanbieding van die kompetisie wat vyf dae geduur het.
Sewe lande het meegeding in verskillende dissiplines van die sport.
Die volgende gebeurtenis op die plaaslike gimnastiekkalender is die Junior Statebondspele wat ook op Walvisbaai sal geskied.
Die Federasie sien uit daarna om gimnaste en beamptes van dwarsoor die planeet te verwelkom.
Sulke geleenthede is bykans onmoontlik om behoorlik aan te bied sonder die steun van korporasies soos Bank Windhoek.
Die NGF het dus besondere waardering vir die bank se insette.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie