Bank steun eenheid vir verswakte bejaardes
Bank Windhoek het geld aan die Khomas Medical Centre Auas Hills geskenk vir die opgradering van sy eenheid vir verswakte bejaardes.
'n Tjek van N$5 000 is deur Bank Windhoek se takbestuurder, mnr. Johan Berry, aan die sentrum oorhandig.
Volgens Berry is die bank verbind tot die opheffing van die welstand van bejaardes, veral diegene wie se families in dié moeilike tyd in ander lande is. Hy sê die bank ondersoek nog projekte om die bejaarde gemeenskap in Auas Hills en ook die land in geheel te ondersteun.
Tydens dieselfde geleentheid het Khomas Medical Centre se besturende vennoot, dr. Christo Burger, gesê vir die inwoners van die eenheid vir verswakte bejaardes is enige skenking welkom om hul kamers so huislik as moontlik te maak omdat dit 'n groot verskil in hul lewens maak.
“Ons sal hierdie skenking tot voordeel van ons pasiënte gebruik,” het Burger gesê.
Hy het die skenking verwelkom en gesê dit kom in 'n baie gepaste tyd omdat die Covid-19-pandemie die eenheid se inwoners in onseker tye gedompel het.
Khomas Medical Centre verseker ook aan alle Namibiërs 'n opsie om toegang tot sy gesondheidsgeriewe deur sy Khomas Lojaliteitsfonds te hê.
Die fonds is 'n korttermyn- mediese versekering van N$230 per maand wat aan die hooflid en vier afhanklikes toegang tot 15 doktersafsprake per jaar, N$150 vir akute medikasie per voorskrif en N$1 500 se selektiewe bloedtoetse per jaar in Windhoek en op Swakopmund, Tsumeb en Ruacana gee.
Om die verspreiding van die pandemie in te kort en in ooreenstemming met nasionale riglyne, het die sentrum ook veiligheids- en gesondheidsmaatreëls by al sy takke landswyd ingestel. Alle werknemers is toegerus met die nodige maskers, handreinigers en maatreëls vir sosiale afstand om hulle teen die pandemie te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie