Bank Windhoek se Koos Brandt tree af
Bank Windhoek se Koos Brandt tree af

Bank Windhoek se Koos Brandt tree af

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Koos Brandt, ‘n stigterslid van Bank Windhoek in 1982, tree op 30 Junie vanjaar as die voorsitter van dié bank en Capricorn Investment Group af.
Capricorn is die moedermaatskappy van onder meer Bank Windhoek.
Brandt (74) sal as ‘n nie-uitvoerende direkteur van beide Capricorn en Bank Windhoek aanbly. Hy sal steeds die voorsitter van Capricorn Investments Holdings (CIH) wees, wat 55% van die aandele in die Capricorn-groep besit.
Johan Swanepoel, tans die visevoorsitter van Bank Windhoek en Capricorn, volg Brandt op 1 Julie op.
Capricorn is op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer. Met ‘n markkapitalisasie van N$8,918 miljard is dit die tweede grootste maatskappy op dié indeks.
Capricorn het Woensdag op N$17,65 per aandeel gesluit.

Kommentaar

Republikein 2025-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer