Bank Windhoek sorg vir top- kusvermaak
Bank Windhoek is die gasheer van die jaarlikse Summer Festival tydens die vakansieseisoen aan die kus.
Die fees skop môre af en duur tot 21 Desember. Eerste aan die beurt is die Swakopmund KIA Makietie wat Vrydag en Saterdag van 10:00 tot 23:00 by die Vineta-Noord-sportgronde plaasvind.
Deel van die makietie is 'n wynproe en van Suid-Afrika en Namibië se voorste kunstenaars wat optree. Vir meer inligting, besoek www.swakopevents.com of kontak Oliver Ahrens by 081 497 2045.
Saterdag en Sondag is die Bank Windhoek Kehat Beukes Memorial Chess Tournament aan die beurt. Die jaarlikse toernooi, wat by die munisipale konferensiesentrum op die kusdorp plaasvind, het ten doel om die room van plaaslike skaakspelers te lok om hul staal in nege uitspeelrondes te wys. Vir meer inligting, kontak Charles Eichab by 081 623 8160.
Die immer gewilde Bank Windhoek Swakopmunder Musikwoche vind van 8 tot 14 Desember onder die vaandel van die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk op die dorp plaas.
Die musiekweek het ook 'n gratis, algemene kleedrepetisie op 14 Desember van 09:00 tot 13:00. Die hoofkonsert vind dieselfde dag om 19:00 by Trendhaus plaas.
Besoek die webtuiste by www.musikwoche.com.
Die jaarlikse senior ope gholftoernooi vind op 11 en 12 Desember by die Rossmund-gholfbaan plaas.
Tienie van Rensburg kan op 081 127 9051 of [email protected] gekontak word.
Die teaterstuk Two Hands Clapping met Aldo Behrens, Theo Cookson, Christene Cookson en The Mascato Singers is op 19 Desember op die planke by Haus der Jugend.
Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies kos N$100 per persoon. Vir besprekings kontak Swakopmunder Buchhandlung by (064) 402 613.
Op 21 Desember is dit tyd vir vlugbal met die Beach Volleyball Bash wat op Langstrand plaasvind.
Die geleentheid word deur Namib Rage aangebied.
Vir meer inligting, kontak [email protected].
Op dieselfde dag vind die Bank Windhoek Ope Gholfdag op Hentiesbaai oor 36 putjies plaas.
Jurie Engelbrecht kan by 081 129 3128 vir meer inligting geskakel word.
Ook op 21 Desember bied Bank Windhoek in samewerking met The Lighthouse Group die bergfietsresies Namib Tiger Trails Cycling aan.
Fietsryers kan kies uit 25, 40 en 80 km. Vir meer inligting, kontak Keren Till by 081 129 2701 of stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie