Banke: ‘Dis ‘n storm in ‘n teekoppie’
Banke se beweerde gekonkel met valutaverhandelings het waarskynlik ’n verskil van net enkele sente in wisselkoerse gemaak en ’n minimale invloed op gewone Suid-Afrikaners gehad, meen ’n bron na aan die saak.
Riana de Lange, Dewald van Rensburg en Aldi Schoeman - Die beweerde samespanning sou nie ’n betekenisvolle invloed op die rand-dollar-wisselkoers gehad het in die tydperk van “minstens 2007-’13” wat die Mededingingskommissie beweer die ongerymdhede plaasgevind het nie.
“Die kliënt word nie benadeel op die manier wat mense dink nie. Hy sou nie ’n ander wisselkoers betaal het nie, maar sou net minder afslag gekry het as wat groot kliënte kry.
“Die volumes betrokke is nie genoeg om die rand in die een of ander rigting te druk nie. Die skade is nie aan die wisselkoers wat ons almal sien nie,” het die bron aan City Press, susterskoerant van Rapport, aan gesê.
Suid-Afrikaanse banke was die afgelope week nog meer onder beleg ná die aankondiging dat die Mededingingstribunaal moet beslis oor moontlike boetes vir twee Suid-Afrikaanse banke: Standard Bank en Investec.
Die kommissie se saak betrek 17 banke, waaronder Absa en verskeie internasionale banke. Die kommissie vra nie vir ’n boete aan Absa, Barclays, Barclays Capital en Citibank nie.
Politieke speelbal
Vakbonde, die ANC en tesourie het almal te velde getrek oor die hebsug van banke. Pres. Jacob Zuma het ’n dag ná sy staatsrede gesê die banke se monopolieë moet beëindig word.
Boonop is die parlement op pad om ’n ondersoek na die transformasie van banke te doen omdat sommige mense meen hulle teiken swart mense wanneer bankrekeninge toegemaak word.
Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, sê die beweringe plaas ’n wolk van verdenking oor die land se finansiële instellings in ’n tyd wat nóg die ekonomie nóg die banksektor dit kan bekostig.
Die Mededingingswet maak voorsiening vir boetes van tot 10% van die banke se omset wat hulle op hul knieë kan dwing, maar die mark het nie met paniek gereageer na die aankondiging nie.
Standard Bank en Investec se aandeelhouers was aanvanklik nie te senuweeagtig nie, maar teen Vrydagmiddag se marksluiting het Standard Bank se aandeelprys met 1,33% en Investec s’n met 1,29% teruggesak.
Stabiliteit belangrik
Patrice Rassou, hoof van aandele by Sanlam Investment Management, sê aan Bloomberg die banke kan dalk beboet word, maar die Reserwebank sal verseker die kapitaalmarkte bly stabiel.
Roodt sê die klein beweging in die Suid-Afrikaanse banke se aandeelpryse vertel die hele storie.
“Hier word ’n klomp stof opgeskop, maar dit is ’n storm in ’n teekoppie. Hoewel so iets kan gebeur en moontlik gebeur het, sal ek verbaas wees as dit op só ’n vlak gebeur het dat dit ’n noemenswaardige verskil sou maak. Daar is genoeg wigte en teenwigte in die stelsel,” sê hy.
Mfundo Ngobese, ’n ondersoeker vir die kommissie, skets ’n prentjie van wydverspreide korporatiewe boewery in sy beëdigde verklaring om die saak na die tribunaal te verwys.
Die beweerde samespanning het plaasgevind deur telefoongesprekke of in die Bloomberg-platform se geselskamers. Daar het handelaars van die onderskeie banke gekonkel om die wisselkoerse te manipuleer, sê hy.
Hoe dit werk
Luidens sy verklaring beloop valutaverhandeling met die rand sowat R51?miljard per dag.
’n Valutahandelaar het verduidelik die beweerde samespanning het waarskynlik gebeur rondom die WM/Reuters-verwysingspunt wat daagliks die waarde van die 21 belangrikste geldeenhede vasstel.
Dit gebeur om 16:00 Londense tyd elke dag en word bepaal op die grondslag van werklike koop- en verkooptransaksies wat valutahandelaars binne een minuut (30 sekondes voor 16:00 en 30 sekondes na 16:00) op die platform doen. Die waardes word dan gebruik deur fonds- en batebestuurders om die waarde van hul beleggings te bepaal.
Of van die individue wat genoem word as die booswigte in dié sage aan die pen gaan ry, lyk onwaarskynlik.
Die wysigings aan die Mededingingswet wat deelname aan ’n kartel ’n strafregtelike oortreding maak, het eers op 1?Mei 2016 van krag geword. ’n Regskenner, wat nie genoem wou word nie omdat hy by die saak betrokke is, sê dat individue slegs strafregtelik aangekla kan word indien die oortredings ná Mei 2016 begaan is.
Die werknemers by die drie Suid-Afrikaanse banke wat genoem word, is Duncan Howes, Elaine Naidoo, John Daly, Premal Bhana, Thulani Kunene (almal by Absa), Bryan Brownrigg van Standard Bank en Clint Fenton van Investec.
Jason Katz, ’n voormalige valutahandelaar van Barclays Plc wat ook in die Suid-Afrikaanse ondersoek genoem word, is reeds in Amerika skuldig bevind aan prysvasstelling in die valutamark as deel van ’n uitgerekte strafregtelike ondersoek in die verband.
Investec wou nie sê of tugstappe gedoen is nie, maar het beklemtoon die optrede was “beperk tot die optrede van ’n enkele handelaar wat in diens van die bank is”.
Ross Linstrom, woordvoerder van Standard Bank, wou net sê hulle sal hul “volle samewerking” gee. Absa het nie gereageer op navrae nie.
Dit lyk ook hoogs onwaarskynlik of die maksimum boetes aan die banke opgelê sal word. Die banke het 20 werksdae om op die kommissie se stukke te antwoord.
Nicola Theron, besturende direkteur van die maatskappy Econex, wat konsultasiewerk doen oor mededingingskwessies, sê boetes vir samespanning is gewoonlik tussen 3% en 5%, en word net op grond van die betrokke afdeling (soos buitelandse valuta) en nié die hele bank se omset nie, bereken. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie