Banke kan ‘ekonomiese selfmoord’ help afweer
Hanlie Stadler – Wees dapper en sny die rentekoers met ’n hele persentasiepunt.
Dis die pleidooi van die vakverbond Cosatu aan die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MBK), wat Donderdag oor die rentekoers besluit.
“Enigiets minder sal onvoldoende wees en kan om die waarheid te sê verdere dalings in aandeelpryse ontketen, wat pensioen- en beleggingsfondse kan knou. ’n Verlaging van 50 of 25 basispunte sal bloot nie genoeg wees nie. Dit sal wees soos om ’n pleister op ’n kopwond te plak,” sê Matthew Parks, Cosatu se parlementêre koördineerder.
“Suid-Afrika is in ’n resessie en die koronavirus dreig om ons in ’n volskaalse depressie in te dwing, met ongeëwenaarde werkverliese... veral in risikosektore soos mynbou, vervaardiging, landbou, toerisme, gasvryheid en lugvaart.”
Parks beskou die rentekoers as “dalk die invloedrykste prys in die ekonomie”.
Hy sê die MBK moet die voorbeeld van Rusland, die VSA en ander lande volg deur die rentekoers skerp te verlaag – met een persentasiepunt nou en weer in April indien die ekonomiese situasie dit noodsaak.
Hy sê banke moet ook hul deel doen en uitleenkoerse drasties besnoei. “Daar is eenvoudig nie tyd om te mors nie. Die banke sit op R7 000 miljard se bates. Hulle het ruimte om die ekonomie, poste en pensioene te help red.”
Parks pleit ook vir betalingsvakansies van tussen een en drie maande op alle lenings, veral vir werkers- en middelklasgesinne en maatskappye en nywerhede wat in nood verkeer.
“Dit sal onmiddellike verligting vir alle huishoudings en nywerhede gee en nie onderhewig wees aan eindelose staatsrompslomp nie. Dis bekostigbaar, gegewe die hulpbronne wat aan die finansiële sektor beskikbaar is, en sal net tydelike uitstel behels.
“Dié ekonomiese krisis is ongeëwenaar en vereis dapper, kreatiewe en besliste ingrypings om die oorlewing van die hele ekonomie te verseker. Enigiets minder sal neerkom op ekonomiese selfmoord.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie