Banke kan saamwerk om nie nou bates te vat
Banke kan saamwerk om nie nou bates te vat

Banke kan saamwerk om nie nou bates te vat

Banke in die buurland het vrystelling gekry van sekere bepalings van die Wet op Mededinging om gekoördineerd te kan optree.
Nellie Brand-Jonker



Nuwe regulasies wat banke magtig om saam te werk te midde van die Covid-19-pandemie, sal hulle ook help om oplossings te vind om nie nou beslag te lê op bates van individue en ondernemings wat finansieel sukkel nie.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het Dinsdag op 'n mediakonferensie uitgewei oor pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging hieroor Maandagaand.

Banke het ook vrystelling gekry van sekere bepalings van die Wet op ­Mededinging ten einde op 'n gekoördineerde wyse te kan optree.

Patel sê die vrystellings wat in die Staatskoerant gepubliseer is, sal banke in staat stel om te koördineer ten opsigte van veral:

• Betalingsvakansies en skuldverligting vir ondernemings en individue wat geldprobleme ondervind;

• Beperkings op die beslaglegging op die bates van ondernemings en ­individue; en

• Kredietgeriewe verleng vir ­individue en ondernemings wat geldprobleme ondervind.

“Die vrystelling sal banke toelaat om saam te werk om te verseker dat die betalingstelsel aanhou funksioneer, wat 'n noodsaaklike komponent van die finansiële stelsel is.

“Dit sluit in om inligting en hulpbronne te deel om te verseker dat banknote nie opraak in kitsbanke, by takke en by ondernemings nie.”

Patel sê sy departement het saam met Tito Mboweni, minister van ­finansies, met die banksektor ­vergader om skuldverligtings­pogings te bespreek.

Talle banke het reeds verlede week hulp aangekondig.

Die Bankvereniging (Basa) het nog nie vrae beantwoord oor wat die planne sal behels nie.

Ramaphosa het in sy toespraak Maandagaand gesê na verwagting sal al die banke in die komende dae maatreëls tref om mense en ondernemings tegemoet te kom.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!