Banke steier onder boetes sedert 2008 se krisis
Die internasionale finansiële krisis van 2008 het veral handelsbanke duur te staan gekom.
Banke het wêreldwyd US$321 miljard se boetes sedert 2008 betaal vir wetsoortredinge wat met geldwassery, markmanipulasie en die befondsing van terrorisme te doen het.
Die Boston Consulting Group (BCG) het in sy sewende verslag oor die bankbedryf gesê die boetes gaan in die komende jare toeneem wanneer Europese en Asiatiese owerhede by die meer aggressiewe Amerikaanse owerhede opvang.
Die meeste van die boetes die afgelope jare kom van Amerika, volgens BCG.
Net in 2016 het die boetes van banke US$42 miljard beloop – 68% meer as die vorige jaar.
Gerold Grasshoff, een van die konsultasiegroep se ontleders, sê boetes gaan toeneem tesame met nakomingskoste soos die wetgewing, wat meer op banke se gedrag fokus, verder ontwikkel.
Die konsultasiegroep sê nuwe wetsvereistes gaan voortgesit word ten spyte van pres. Donald Trump van Amerika wat reeds aangekondig het hy wil 'n wet wat na die ineenstorting van Lehman Brothers in 2010 afgekondig is, herroep.
Die reëls vir banke het sedert 2011 internasionaal verdriedubbel.
Die BCG sê daar was gemiddeld 200 reëls per dag wat inwerking getree het.
Volgens die verslag het die bankbedryf nog nie heeltemal herstel ná die verlies wat dit amper tien jaar gelede gely het nie.
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie