‘Banke’ trap klei op plaaslike indeks
Geldgewys het Oryx Properties Ltd verlede week die meeste transaksies op die plaaslike indeks beklink.
Jo-Maré Duddy – Die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) was verlede geen bron van goeie nuus vir beleggers nie. Vier maatskappye het die week op ‘n laer noot geëindig.
Capricorn Investment Group was dié week se grootste verloorder op die plaaslike indeks met ‘n sluitingsprys wat 0,3% minder as dié van die vorige week was. Capricorn het Vrydag op N$17,64 per aandeel geëindig, 6c stuk laer as die vorige Vrydag.
FNB Namibia Holdings het 0,2% of 10c per aandeel in die week onder oorsig teruggesak ná die groep se nuutste halfresultate lelik deur onder meer die sukkelende Namibiese ekonomie geknou is.
Van FNB Namibia se skoksyfers vir die ses maande tot einde Desember 2016 is wins wat met net sowat N$1,9 miljoen teenoor dieselfde halfjaar in 2015 gestyg het.
FNB Namibia het verlede week op N$47,46 per aandeel gesluit.
Die sluitingspryse van Namibia Breweries Ltd en Oryx Properties Ltd het beide met 1c stuk teenoor die vorige week gedaal. NamBrew het Vrydag op N$30,99 per aandeel gesluit en Oryx op N$21,07.
Altesaam is meer as N$3,7 miljoen se aandele verlede week op die plaaslike indeks verhandel vergeleke met sowat N$20,1 miljoen die vorige week.
Geldgewys het Oryx die meeste transaksies beklink met totale verhandeling van bykans N$1,54 miljoen. NamBrew het gevolg met nagenoeg N$1,22 miljoen.
Altesaam N$738 169 FNB-aandele is van die hand gesit, terwyl Capricorn se totale weekverhandeling N$204 882 beloop het.
Die plaaslike indeks het Vrydag op 560,86 punte geëindig - 0,79 punte laer as die vorige week.
Algehele indeks
Op die algehele indeks van die NSX is meer as N$278,2 miljoen se aandele verlede week in totaal verhandel teenoor sowat N$348,6 miljoen die vorige week. Die indeks het met 0,91 punte of 0,08% verbeter en het Vrydag op 1 109,02 punte gesluit. Die JSE se indeks van alle aandele het verlede week met 0,88% teruggesak.
Paladin Energy Ltd was verlede week die grootste nuusmaker op die algehele indeks, hoewel dit als behalwe goeie nuus was. Ná Paladin die vorige week die grootste wenner op die algehele indeks was, was dit verlede week die grootste verloorder.
Die vrystelling van Paladin, die meerderheidsaandeelhouer in die Langer Heinrich-uraanmyn, se nuutste halfjaarresultate het tot ‘n tuimeling in sy aandeelprys gelei.
Dit toon Langer Heinrich het in die ses maande tot einde Desember 2016 ‘n netto verlies van meer as N$400 miljoen gely.
Vrese bestaan voorts dat die staatsbeheerde China National Nuclear Corporation (CNNC) sy hande op Paladin se aandeel van 75% in Langer Heinrich kan kry.
Paladin het Vrydag op N$1,29 per aandeel gesluit – 24c stuk of 15,7% laer as die vorige week.
Truworths was verlede week die grootste wenner op die algehele indeks.
Die groep het op N$89,00 per aandeel gesluit, N$8,34 stuk of 10,3% hoër as die vorige week.
Week tot einde 17 Februarie
*Totale verhandeling: Plaaslike indeks N$3,7 miljoen
*Totale verhandeling: Algehele indeks N$278,2 miljoen
Plaaslike indeks eindig op 560,86 -1,4%
Algehele indeks eindig op 1 109,02 +0,08%
*Benaderde bedrae
Foto Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie