Banke verloor miljarde oor Gordhan
Nellie Brand-Jonker - Suid-Afrikaanse banke het Dinsdag in ’n stadium sowat R50 miljard in markwaarde verloor nadat bekend geword het dat Pravin Gordhan, minister van finansies, gedagvaar is om in die hof te verskyn oor bedrog.
Die bankindeks van die JSE het in ’n stadium met meer as 5% getuimel.
Izak Odendaal, beleggingstrateeg van Old Mutual Welvaart, sê daar is hernude vraagtekens oor Suid-Afrika se kredietgradering. “Bankaandele weerspieël beslis die verwagtinge van ’n moontlike afgradering.”
Die JSE se finansiële indeks het die dag meer as 2% laer afgesluit, maar dit was veral die banke wat slae gekry het.
Die bankindeks het 3,72% laer gesluit.
Nedbank se markwaarde het die meeste gedaal. Sy aandeelprys het met 4,44% tot R216,63 gedaal.
Dit is gevolg deur FirstRand wat met 3,98% tot R45,34 gedaal het. Barclays Africa het 2,9% laer gesluit en Standard Bank het die dag 3,61% laer afgesluit.
Odendaal sê banke is sensitief vir rentekoersverwagtinge en vir graderingsbesluite omdat hulle geld uitleen.
“Dit het die mark verras en dit maak ooglopend ons plaaslike finansiële mark bekommerd, soos in die rand se reaksie weerspieël word,” sê John Cairns, valutastrateeg van RMB.
Basa bekommerd
Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het Dinsdag in ’n sterk bewoorde verklaring gesê hy is “fundamenteel bekommerd” oor die tydsberekening van die besluit, veral omdat Gordhan pas teruggekeer het van nog ’n buitelandse besoek om beleggers van die veerkragtigheid van die Suid-Afrikaanse ekonomie te verseker, asook van die “onafhanklikheid en stabiliteit van ons kerninstellings”.
Basa wys ook daarop dat die minister tans met verskeie kredietgraderingsagentskappe vergader en dat dié vergaderings geskeduleer is om tot in November voort te gaan om ’n moontlike afgradering te probeer vryspring.
“Ons het ’n onmiddellike negatiewe impak ná die aankondiging (van Gordhan se vervolging) gesien. Die rand het dadelik met 2,93% verswak en die bankindeks het getuimel,” lui die verklaring.
Cas Coovadia, besturende direkteur van Basa, sê die reg moet sy gang gaan en dat enige verdere optrede op ’n toepaslike en verantwoordelike wyse moet geskied “wat nie onnodig negatief inwerk op die ekonomie en op alles wat minister Gordhan sover bereik het om beleggersvertroue te herstel nie”.
Die verklaring lui voorts hoewel Basa nie op die meriete van die saak kommentaar wil lewer nie, is die vereniging “diep bekommerd” oor die aankondiging en wil hy sy steun herbevestig vir die leierskap en die koers wat deur die minister ingeslaan is, asook sy toewyding aan sy werk onder baie moeilike omstandighede.
“Ons wil ook benadruk dat die minister in staat was om positiewe uitkomste te bewerkstellig omdat hy ’n uitstekende span agter hom het by die tesourie. Ons behou ons vertroue en ons steun vir die vermoëns van die minister en sy span.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie