Bankier praat oor Steinhoff
Daar sal nog lank kopgekrap word oor die probleme wat Steinhoff se aandeleprys laat tuimel het.
Nellie Brand-Jonker
Die beleërde Steinhoff het R3,75 miljard ingesamel met 'n versnelde boekbouproses.
Die maatskappy sê die plasing van 200 miljoen van die gewone aandele van Steinhoff Africa Retail (Star), die Suid-Afrikaanse kleinhandelfiliaal van Steinhoff wat afsonderlik genoteer is, is suksesvol.
Steinhoff het beleggers in 'n handelsverklaring wat op 28 Februarie uitgereik is, ingelig dat hy steeds stappe doen om die skuld in sy Suid-Afrikaanse bedrywe te herfinansier of af te los.
Die verkoop van die aandele is een van hierdie stappe. Die transaksie verminder Steinhoff se belang in Star van 76,81% tot 71,01%.
Steinhoff het ook onlangs suksesvol 'n deel van sy aandele in KAP Industrial teen R3,6 miljard verkoop toe hy 450 miljoen gewone aandele in KAP Industrial verkoop het.
Die bekende Stellenbosse bankier GT Ferreira het saam met twee werkerstrusts van sy wynplaas Tokara omtrent R1 miljard in die Steinhoff-sage verloor. Ferreira het bevestig hy besit steeds sowat 5 miljoen Steinhoff-aandele en die twee werkerstrusts elk omtrent ook soveel.
Die aandele is in Julie 2015 deur 'n ruiltransaksie bekom en was gesamentlik in daardie stadium omtrent R1,1 miljard werd, vergeleke met die R34,5 miljoen wat dit nou werd is.
Steinhoff se aandeelprys was toe sowat R76 vergeleke met die huidige R2,30.
Ferreira, was tot in April die voorsitter van RMH, wat 'n beherende belang in FirstRand hou. Hy was 40 jaar gelede betrokke by die maatskappy waaruit Rand Aksepbank ontstaan het.
Ferreira is in 2010 as Die Burger se Sakeleier van die Jaar aangewys en is ook beter bekend in Stellenbosch as die eienaar van die bekende wynplaas Tokara.
Hy het die twee werkerstrusts – Tokara BEE-trust en Tokara Employees-trust – sowat tien jaar gelede geskep waarvan die begunstigdes slegs huidige en toekomstige werknemers van Tokara kan wees. Hy beskryf dit as diskresionêre trusts, wat beteken niks wat in die trust is behoort noodwendig aan iemand nie, maar kan op diskresie van die trustees slegs aan die werkers van Tokara uitbetaal word.
“Tegnies kan 'n mens seker redeneer dat die werkers niks verloor het nie, omdat hulle niks ingesit het nie, maar dit beteken wel dat toekomstige uitkerings uit die trusts aan die begunstigdes heelwat minder gaan wees.”
Aandele geruil
Volgens hom het die trusts gelukkig darem nog heelparty ander bates bo en behalwe die Steinhoff-aandele en dit is beleggings wat goed gedoen het.
Ferreira het verduidelik dat die trusts se Steinhoff-aandele bekom is deur aandele wat hulle in 2015 in PSG gehou het vir Steinhoff-aandele te ruil.
(Hy het onder meer sy eie aandele in PSG bekom deur aandele wat destyds in KWV gehou is daarvoor te ruil. Die KWV-aandele is bekom toe hy deel was van 'n groep wat in die vroeë 2000's onsuksesvol 'n oorname van die drankmaatskappy beoog het.)
Volgens hom het Steinhoff in Junie 2015 'n paar aandeelhouers van PSG genader wat redelik baie aandele gehou het. Netwerk24 het reeds berig oor hoe aandeelhouers van PSG in 2015 hul aandele vir Steinhoff-aandele verruil het.
“Steinhoff het ons in Mei, Junie 2015 genader en 'n ruiltransaksie aangebied en gesê hulle wil graag hul aandeelhouding in PSG verhoog en wil dit opskuif tot 25,1%, wat ek dink met negatiewe beheer te make gehad het. Soos ek verstaan, was daar ook sekere belastingvoordele betrokke.”
Oor hoekom hy so groot belê het in Steinhoff en of dit met sy vriendskap met Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof, verband hou, het hy gesê 'n mens moet dit eerder beskou as 'n groot belegging in 'n kleiner maatskappy – soos PSG wat vir 'n kleiner belegging in 'n groter maatskappy verruil is, wat toe as gunstig beskou is omdat dit die aandeelhouers meer plaaslike sowel as internasionale diversifikasie sou gee. “Ons het toe so gedink, maar nou weet ons natuurlik van beter.”
Lesse geleer
Oor hoekom hy so baie vertroue in Jooste gehad het, het hy gesê dit was nie in hom alleen nie. “Jy moet onthou dat Steinhoff in daardie stadium 'n baie groter maatskappy was as PSG met 'n baie indrukwekkende direksie en 'n belofte om internasionaal te noteer en ons was darem nie die enigste belegger nie. Coronation, Allan Gray en 80% van Suid-Afrika se batebestuurders was saam met ons in die mandjie . . .”
“Indien jy Steinhoff se finansiële state tot in daardie stadium ontleed het, sou jy ook beïndruk gewees het met die feit dat hulle, oor die vorige paar jaar, baie vinnig gegroei het met betrekking tot omset, wins en dividende asook met die goeie vooruitsigte wat hulle in daardie stadium aan beleggers voorgehou het.”
Oor die lesse wat hy as sakeman uit die Steinhoff-sage geleer het, sê hy: “Ek het omtrent 100 lesse geleer . . .” Hy wou nie uitwei daaroor nie en wou nie kommentaar lewer oor sy vriendskap met Jooste nie.
“Niemand weet nog wat hy of hulle verkeerd gedoen het nie. Lyk my ook hulle (Steinhoff) weet self nie. Almal weet net daar was rekenkundige ongerymdhede. Ek wil hom en hulle die voordeel van die twyfel gee tot die PwC-verslag (oor die forensiese ondersoek) uitgereik word. Sonder dit weet ons nog niks nie.”
Pynlik
“Maar, dit beteken nie 'n mens is nie 'de moer in' as jy soveel geld verloor het nie.”
Hy beskryf die gebeure by Steinhoff as 'n “hartseer storie”. Hy hoor ook die stories in Stellenbosch van baie huise wat in die mark is omdat mense geld in Steinhoff verloor het. Hy hou egter nie daarvan dat sekere mense nou hul verlustig in die ellende van diegene wat geld verloor het in Steinhoff nie.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie