Banksy los sy merk op laerskool
Die straatkunstenaar Banksy het weer sy merk gemaak, dié keer teen die muur van’n skool in die Britse stad, Bristol.
Die BBC sê Banksy het die muurskildery, van’n kind wat’n brandende buiteband met’n stok jaag, geskilder nadat die Bridge Farm laerskool een van die skool se huise na hom vernoem het. Die skoolhoof het die muurskildery as “inspirerend” vir die leerlinge beskryf.
Banksy, wie se identiteit nog nie geopenbaar is nie, het’n boodskap gelaat vir leerlinge wat die werk Maandagoggend ontdek het. Dit lui: “Dit is makliker om vergiffenis te kry as toestemming.”
Banksy se satiriese straatkuns kombineer donker humor met graffiti wat met’n kenmerkende stensil-tegniek uitgevoer word. Sy werk wat politieke en maatskaplike kommentaar bevat, verskyn teen mure en brûe in stede oral in die wêreld. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie