Banksy-skildery vernietig homself toe hamer val
Hulle het gekyk en weer gekyk en kon hul oë nie glo nie.
Die omstrede Britse kunstenaar Banksy het Vrydag een van sy kunswerke vernietig pas nadat dit vir £1,04 miljoen (ongeveer R20 miljoen) opgeveil is, berig die BBC.
Dit was die laaste item wat die dag by Sotheby's in Londen opgeveil is.
Banksy se skildery Meisie met ballon het 'n versteekte versnipper in die vergulde raam gehad. Die oomblik toe die afslaer se hamer val, het die skildery homself versnipper.
'n Video wat die geskokte reaksie van veilinggangers wys, is aanlyn gedeel.
Daar word wyd bespiegel oor wie dié video gemaak het en wie die koper op die veiling was, berig iTV.
Kort nadat die skildery versnipper is, het Banksy 'n foto op Instagram gelaai van die geskokte uitdrukkings van omstanders onder die titel Going, going, gone . . .
Banksy het later 'n video gelaai waarin hy wys hoe hy die versnipperaar in die raam versteek.
Dié video verskyn onder 'n bekende aanhaling van die skilder Pablo Picasso: “Die drang om te vernietig is ook 'n kreatiewe drang.”
Alex Branczik, Sotheby's se hoof van kontemporêre Europese kuns, sê hulle is besig met planne van hul eie nadat Banksy hulle dié poets gebak het.
“Dit wil voorkom asof ons geBanksy is . . . sommige kunskenners meen die kunswerk kan nou meer werd wees in die versnipperde toestand . . . ons het nog nooit tevore so iets beleef nie,” sê Branczik.
Die prys wat die skildery gehaal het, was drie keer meer as wat vooraf geraam is en ook 'n nuwe rekord vir 'n Banksy-skildery.
Wie is Banksy? Volgens Wikipedia is hy 'n Engelse politieke aktivis en straatkunstenaar wat bekend is vir sy satiriese kuns. Sy identiteit is nie bekend nie. Sy kunswerke kombineer donker humor met graffiti in 'n kenmerkende stensilstyl. Hy bring sy kunswerk dikwels op mure en brûe aan.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie