Bannerman Resources help skole aan die kus
Bannerman Resources help skole aan die kus

Bannerman Resources help skole aan die kus

Helene Bam
Bannerman Resources Namibia het verlede week sy vroeë leerling-bystandskema vir die jaar onder leerlinge van die Primêre Skool JP Brand op die oewer van die Kuisebrivier voltooi.

Die Erongostreek se goewerneur, Cleophas Mutjavikua, het die geleentheid bygewoon en gesê: “Hoewel Bannerman slegs by die eksplorasiefase betrokke is, is die maatskappy verbind daartoe om die mense van die streek te help.”

Walvisbaai Landelike Kieskring-raadslid, agbare Nangolo, die ministerie van onderwys se streeksinspekteur en die skool se hoof, mnr. Keib, het ook die geleentheid saam met onderwysers en ouers van leerlinge bygewoon.

Mnr. Werner Ewald, besturende direkteur van Bannerman Resources, het die geskiedenis en doel van die vroeë leerling-bystandskema gedeel.

“Ons moedig ons werknemers aan om hul idees en kundigheid oor te dra, ook aan gemeenskappe wat hulp nodig het.

“Ons wil studente deur die vroeë leerling-bystandskema aanmoedig om soos arende te vlieg.”

Van die Primêre Skool Elifas #Goseb in Usakos tot die Primêre Skool Otjihorongo in Daures, het leerlinge by 16 skole in die Erongostreek vanjaar ondersteuning van Bannerman ontvang.

Bannerman is sedert 2011 verbind tot die vroeë leerling-bystandskema.

Tot dusver het hulle ondersteuning aan 2 000 leerlinge gebied.

Vroeër die week het mnr. I.F. Gauchab, die skoolhoof van die Primêre Skool Elifas #Goseb, gesê byna 70% van die leerlinge by sy skool is hulpbehoewend.

“Ons is dankbaar vir 'n hand van hulp aan ons mees kwesbare leerlinge.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!