Barbara Bush sterf
Barbara Bush, die enigste vrou wat gesien het hoe haar man en seun as president van Amerika ingehuldig word, is Dinsdag dood, het die Bush-familie bekend gemaak. Sy was 92 jaar oud.
Bush was die vrou van die 41ste president, George H.W. Bush, en ma van die 43ste president, George W. Bush.
Die familie het Sondag gesê dat sy baie siek is en dat hulle besluit het om haar nie verder te behandel nie, maar eerder haar gemaklik gaan hou.
Sy het volgens berigte die laaste paar jaar hartprobleme gehad.
“Barbara Bush was 'n fantastiese presidentsvrou en 'n vrou soos geen ander nie wat liefde en geletterdheid aan miljoene mense besorg het,” sê George W. Bush in 'n verklaring.
“Vir ons was sy veel meer. Ma het ons op ons tone gehou en ons tot op die einde laat lag.”
Pres. Donald Trump en oudpres. Barack Obama was onder diegene wat hulde aan Bush gebring het.
“Sy sal lank onthou word vir haar toewyding aan haar land en familie, wat sy albei uitstekend gedien het,” sê Trump en sy vrou, Melania, in 'n verklaring.
Obama en sy vrou, Michelle, sê in 'n verklaring: “Barbara Bush was 'n voorbeeld van die nederigheid en fatsoenlikheid wat die heel beste van die Amerikaanse gees uitbeeld.”– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie