Barbara Bush word tuis versorg
Amerika
Barbara Bush (92), eggenote van oudpres. George Bush van Amerika, word nou net gemaklik gehou nadat sy verdere mediese behandeling geweier het.
Sy sal volgens die BBC nou tyd by haar familie deurbring.
In 'n verklaring Sondag wat deur haar man se kantoor uitgereik is, is nie gesê aan watter siekte sy ly nie. Sy was in die onlangse verlede 'n paar keer in die hospitaal.
Oudpres. Bush (93) is die langslewende Amerikaanse president.
Bush is volgens The Guardian slegs een van twee presidentsvroue wat ook die ma wat 'n Amerikaanse president was. Die ander was Abigail Adams, vrou van John Adams en die ma van Johan Quincy Adams.
Barbara en George Bush is in 1945 getroud. Hul seun, George W. Bush, was was 2001 tot 2009 die Amerikaanse president. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie