Barcelona kom Omaruru toe
Barcelona kom Omaruru toe

Barcelona kom Omaruru toe

Des Erasmus
Des Erasmus - Barcelona onder die sterre in die bedding van die Omarururivier deur twee van Suid-Afrika se voorste kunstenaars is ‘n deurbraak wat pas deur die organiseerders van Omaruru se Kunstefees aangekondig is.

Die kunstenaars is Joseph Clark en Corlea Botha en die geleentheid vind op 31 Augustus en 1 September as deel van die Konserte onder die Sterre plaas.

Dié deurbraak is aangekondig ná Clark en Botha se optrede in die TV-aanbieding van Classic is Groot, waar hulle Barcelona saam vertolk het. Die samewerking van die kunstenaars vir die groot oomblik is deur die komitee van die Kunstefees geloof.

Toe met die kunstenaars onderhandel is, is vasgestel Corlea moet reeds die Saterdagoggend na Suid-Afrika terugkeer.

Clark sal reeds op 31 Augustus op Omaruru wees, hoewel hy eers op 1 September gaan optree, maar het toe die jawoord vir die vertolking van Barceloona saam met Botha vir die Vrydagaand gegee.

Die Saterdagaand bring Clark die musiek van Queen onder die sterre in die rivierbedding Omaruru toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!