Baritons vat hande met kinderhuis
Vir twee plaaslike jong operasangers is dit 'n eer om die gemeenskap met hul sang te ondersteun.
Yandi du Plessis - Die jong aspirantoperasangers Glaucio Ngaca en Beloastro Pena het besluit om hul talente saam te span om 'n verskil in minderbevoorregte kinders se lewens te maak.
Met die insette van ander soliste soos Trudy Gertze en Eslon Hindundu, asook met die begeleiding van die violis Sylvain Palangi en die pianis Ruzanna Mnatsakanyan, het die duo onlangs 'n reeks liefdadigheidskonserte aangebied om die Megameno-kinderhuis in Shandumbala in Katutura te ondersteun.
Die geld wat ingesamel is, is geoormerk om die kinderhuis se water- en elektrisiteitsrekening stelselmatig af te betaal en kos te koop.
Die kinderhuis het nie die finansies of hulpbronne om voortdurend dié kostes self te dek nie.
Ngaca en Pena het reeds drie konserte gehou – op 10 Oktober, 31 Oktober en 7 November. Hulle het 'n beroep op die publiek gedoen om ook die kinderhuis te ondersteun.
“Indien jou omstandighede dit toelaat, doen asseblief jou deel vir die Megameno-kinderhuis. Selfs met die konserte moet daar nog baie vir hulle gedoen word,” het die duo gesê.
“Ek het drie jaar gelede besluit om dié projek te begin toe ek Megameno saam met my kerk besoek het. In daardie stadium het ek nie gereeld gesing nie, maar noudat ek die platform daarvoor het, wil ek dit op die beste manier moontlik gebruik. As kunstenaars is dit vir my en Beloastro 'n eer om die gemeenskap met ons kuns te ondersteun,” sê Ngaca.
Hulle gaan 'n Kersgeleentheid op 21 November by die kinderhuis aanbied, waar die kinders geskenkies sal ontvang en die kans sal hê om dié gebeurtenis soos enige ander kind te vier.
Volgens mnr. Jeremy Shalukeni, 'n assistent by Megameno, is alle betrokkenes by die kinderhuis dié kunstenaars ewig dankbaar.
“Dit is 'n nuwe ervaring vir ons. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir blootstelling en 'n manier om die publiek bewus te maak van die werk wat ons hier doen,” sê hy en voeg by dat Ngaca en Pena 'n voorbeeld stel met hulle barmhartigheid.
“Dié ouens gebruik hulle tyd en talent om ons te help, ten spyte van hulle eie finansiële omstandighede wat ook nie ideaal is nie. Hulle het ons reeds so baie gehelp, en ons sien uit na 'n lang verhouding met dié talentvolle jongmense,” sluit hy af.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie