Barmhartige samaritaan help in Noorde

Ronelle Rademeyer
Maria Eiseb - Bejaardes, wees- en weerlose kinders (OVC's) wie se staatstoelae deur ander misbruik word, het 'n inwoner van Ondangwa genoop om hulle onder sy vlerk te neem.
Mnr. Nashandi Liinekela (32), 'n veiligheidswag, sê dikwels gebruik voogde van OVC's en mense wat na bejaardes omsien, dié toelaes vir hulself.
“As jy die toestand van die mense sien wat geld van die staat kry, sal jy nie glo nie. Die mense word net op die dag wat hulle die geld gaan haal, skoon aangetrek. Daarna weet hulle nie wat van die geld geword het nie," sê hy.
Liinkela is deur sy ouma grootgemaak en hy het eers in sy tienerjare sy ma ontmoet. Hy weet hoe dit voel as jy nie weet wie jou ouers is nie, sê hy.
Hy het ? projek begin om na die wees- en weerlose kinders en die bejaardes om te sien. Weekliks voorsien hy die groep van ? maaltyd. Soms besoek hy ook self bejaardes en kinders by hul huise om hom van hul omstandighede te vergewis en kospakkies uit te deel.
Toe hy met die projek begin het, het hy hom oor 'n graad 8-leerling ontferm. “Hy was baie teruggetrokke en het ook nie goed op skool gevaar nie. Nadat ons ontmoet het, het hy baie verander en sy prestasie op skool het ook heelwat verbeter."
Liinkela probeer om enige van die seun se familie op te spoor sodat hy 'n geboortesertifikaat kan kry voor hy in graad 10 is.
? Paar van die belanghebbers plaaslik het Liinkela van plastiekstoele en kos voorsien om aan die bejaardes en een aan van die kleuterskole te gee. Hy het ook ? emmer en ? paar plastiekborde aan die kleuterskool geskenk omdat die kinders uit houers moes eet wat van afgesnyde plastiekkoeldrankbottels gemaak is.
Liinkela sien tans na vier leerders om.
“? Verantwoordelike persoon moet die geld hanteer en na die mense omsien, die mense moet eet en hulle moet skoon wees. Die kinders het reeds nie ouers nie en daar moet mooi na hulle gekyk word,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!