Barnard hét sy vrou vermoor
Die beskuldigde se regsverteenwoordiger het betoog sy kliënt bevind hom in 'n kwesbare posisie.
Jacqueline Louw
Die hof het gister bevind die Aranos-boer, wat daarvan beskuldig is dat hy sy vrou bykans sewe jaar gelede doodgeskiet het, is vir die voorval aanspreeklik.
Regter Naomi Shivute het gister, voordat sy vir Willem Visagie Barnard (64) skuldig bevind het, gesê hy kan nie agter 'n verweer van ontoerekeningsvatbaarheid skuil om verantwoordelikheid vir die moord op sy vrou, me. Anette Barnard (55), te ontduik nie.
Regter Shivute het Barnard skuldig bevind aan moord met direkte opset, saamgelees met die bepalinge van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld.
Barnard, wat tereg gestaan het op 'n klag van moord, wat uit 'n skietvoorval op die nag van 9 tot 10 April op sy plaas in die Aranos-distrik spruit, het skuld gedurende die verhoor ontken.
Sy regsverteenwoordiger, adv. Louis Botes, het ná die sluiting van die staat se saak verlede jaar betoog sy kliënt bevind hom in 'n kwesbare posisie omdat hy min van die noodlottige nag kan onthou.
Barnard het in 'n pleitverduideliking gesê hy het die aand van 9 April voor die televisie in die paartjie se leefkamer aan die slaap geraak en het in die middel van die nag wakker geword en sy vrou in 'n plas bloed aangetref.
'n Rewolwer het op die vloer tussen hom en sy vrou gelê.
Botes het betoog Barnard was erg besope ten tyde van die skietvoorval en die medisyne wat hy geneem het, het hom só beïnvloed dat hy nie vir sy optrede verantwoordelik gehou kan word nie.
Hy het ook aangevoer daar is 'n redelike moontlikheid dat me. Barnard haarself geskiet het en dat Barnard dus nie skuldig bevind kan word nie.
Regter Shivute het in haar uitspraak genoem hoewel daar kruitmerke op beide Barnard en die slagoffer se hande gevind is, kon die forensiese wetenskaplike, mnr. Paul Ludik, die skieter nie identifiseer nie.
Shivute het verder genoem volgens die getuienis van Barnard se skoonseun, is hy ná die skietvoorval telefonies deur Barnard meegedeel: “Ek het nou genoeg gehad en het nou klaargemaak met jou ma – ek het haar geskiet.”
Volgens Barnard se getuienis was hy tot 1992 gelukkig getroud, maar het dit verander toe sy vrou hom begin mishandel het.
Hy het getuig dat hy op 'n stadium die moontlikheid van 'n egskeiding met haar bespreek het, waarop sy gedreig het om hom dood te maak.
Oor die verweer van ontoerekeningsvatbaarheid het Shivute genoem Barnard was steeds in staat om 'n telefoonoproep te maak en was steeds in beheer van sy verstandelike vermoëns.
Sy het tot die gevolg gekom Barnard skuil agter 'n verweer van ontoerekeningsvatbaarheid om verantwoordelikheid vir die moord te ontduik.
Sy het tot die slotsom gekom Barnard kon ten tyde van die gebeure nog tussen reg en verkeerd onderskei en toe hy ná die gebeure gevind is, was hy dronk maar steeds by sy volle bewussyn.
“Die staat het bo enige redelike twyfel bewys die beskuldigde het die oorledene geskiet,” het Shivute gesê voordat sy Barnard skuldig bevind het.
Die regter het Barnard se borgtog ná sy skuldigbevinding gekanselleer.
Betoë vir vonnisoplegging sal op 6 en 7 Februarie aangehoor word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie