Barnard sit 10 jaar
'n Boer wat aan die moord op sy vrou skuldig bevind is, se ouderdom en swak gesondheid is tydens sy vonnisoplegging in ag geneem.
Henriette Lamprecht - 'n Boer van Aranos wat agt jaar gelede sy vrou op hul plaas doodgeskiet het, is vir 10 jaar tronk toe gestuur.
Regter Naomi Shivute het die 64-jarige Willem Visagie Barnard tot 18 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan agt jaar vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie in dié tyd aan moord skuldig bevind word nie.
Barnard het sy vrou, Anette, op 10 April 2010 ná 'n rusie oor die begrafnis van wyle Eugene Terre'Blanche, die oorlede Suid-Afrikaanse Afrikaner Weerstandsbeweging(AWB)-leier, op hul plaas Choris doodgeskiet.
Regter Shivute het voorts gelas Barnard mag ook nie ná die voltooiing van sy vonnis vir 'n tydperk van drie jaar 'n vuurwapen besit nie.
Sy het in haar uitspraak gesê Barnard se persoonlike omstandighede, die feit dat hy 'n eerste oortreder is, sy swak gesondheid, ouderdom, sowel as die feit dat hy alkohol saam met voorskrifmedikasie geneem het, het in sy guns getel.
Op die dag van die voorval het Barnard voorgeskrewe medikasie, wat verslawend is, saam met alkohol geneem. Die medikasie is aan hom voorgeskryf omdat hy nie kon slaap nie en ook maagsere het.
Barnard het vroeër getuig hy het baie sleg oor sy vrou se dood gevoel en as hy nie dronk was nie, sou hy dit kon voorkom.
'n Dokter het ook ter versagting getuig Barnard kan moontlik aan alkoholverslawing, 'n algemene angssteuring en bipolêr 1-steuring ly.
Volgens dié getuie was die oortreding ook nie vooraf beplan nie en is dit onwaarskynlik dat hy weer 'n soortgelyke oortreding sal begaan.
Shivute het voorts in haar uitspraak gesê 'n sielkundige het getuig Barnard het op die dag van die moord verminderde verstandelike vermoëns gehad en was weens die langdurige gebruik van alkohol en voorgeskrewe medikasie nie ten volle in beheer van sy optrede nie.
Hy is ook op die lange duur deur sy vrou mishandel.
“Wanneer die hof 'n vonnis oplê, moet oorweging hieraan geskenk word, omdat dit die oortreder se aanspreeklikheid verminder,” het Shivute gesê.
Barnard se verweer was hy is sedert 1984 en kort nadat sy vrou 'n histerektomie ondergaan het, fisiek en emosioneel deur haar mishandel.
Hy is met 'n mes gesteek, geskiet en verbaal mishandel. Voorts was hy die slagoffer van voorgeskrewe medikasie wat hoogs verslawend en potensieel gevaarlik is.
Die staat se verweer was egter dat Barnard geen berou vir die moord op sy vrou getoon het nie. Hy het slegs verskoning gevra vir die hoeveelheid alkohol wat hy gebruik het. Hoewel hy 'n eerste oortreder is, het die voorval in 'n huishoudelike omgewing plaasgevind, wat 'n verswarende faktor is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie