Barnard-verhoor byna ’n jaar vertraag
Jessica Botes
Die vermeende moordenaar van me. Anette Barnard se verdediging sal eers 11 maande nadat sy aansoek om ontslag van die hand gewys is, in die hoërhof begin.
Die 61-jarige mnr. Willem Visagie Barnard wat ’n klag van moord in die gesig staar, se verhoor is gister deur regter Naomi Shivute tot Augustus uitgestel.
Willem het na bewering op 10 April 2010 by die egpaar se huis op die plaas Choris, tussen Aranos en Stampriet, sy vrou met ’n .38-rewolwer doodgeskiet. Hy is kort ná die moord in hegtenis geneem nadat hy sy stiefseun gebel en gesê het hy het sy vrou geskiet.
In sy pleitverduideliking het die beskuldigde gesê dat hy op die aand van die moord in hul sitkamer wakker geword het en sy vrou met haar kop op die koffietafel in ’n poel bloed gevind het. Willem beweer hy en sy vrou het televisie gekyk voordat hy haar lyk gevind het. Hy het glo ’n slaappil en ander medikasie geneem voordat hy televisie begin kyk het en hy en Anette het gedurende die dag en die aand brandewyn gedrink. Willem hou vol dat hulle op die betrokke dag nié in ’n argument betrokke was nie. Hy kon egter nie onthou dat hy dié nag ’n rewolwer hanteer het nie.
Adv. Louis Botes, wat namens die beskuldigde optree, sal gedurende 1 en 5 Augustus ter verdediging van sy kliënt sy saak voorlê.
Botes het tydens die beskuldigde se aansoek om ontslag betoog die bewyse dat Barnard vir sy vrou se seun gesê het “ek het jou ma geskiet”, onbetroubare bewyse is. Botes het betoog die hof moet baie min óf geen ag hierop slaan nie, omdat Barnard baie dronk was toe hy die oproep na mnr. Hermans Leep gemaak het.
Shivute het egter in haar uitspraak in September verlede jaar bevind Barnard se dronkenskap tydens die voorval is nie ’n geldig rede vir die hof om die bewyse te verwerp nie. Volgens haar sal die hof Leep se getuienis in ag neem.
Botes het destyds betoog dat die hof enige getuienis moet verwerp wat sy kliënt oor die voorval gelewer het, omdat hy weens sy dronkenskap nie kan onthou wat tydens die voorval gebeur het nie. Shivute het Willem se borgtog tot sy volgende verskyning in die hof verleng.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie