Barokkonsert ten bate van Cota-jeugkoor
Die College of the Arts (Cota)se jaarlikse Baroque Festival vind vanaf 19:30 op 15 en 16 April in die Nederduits Gereformeerde kerk in Eros plaas.
Vanjaar word die konsert aangebied ten bate van die kollege se jeugkoor, wat in Julie aan die World Choir Games in Rusland sal deelneem.
Die konsert gee soliste ’n geleentheid om ’n Barokkomposisie met die begeleiding van ’n Barok-ensemble op te voer.
Die orkes tree weer eens onder die briljante leiding van Alexander Fokkens op. Sangsoliste Jacques du Preez, Natasha Ndjiharine, Lyvodia #Ouses en Marieth van Wyk, fluitsoliste Nancy Jian en Kyana Diehl sowel as die blokfluitspeler Carissa Esslinger sal optree. ’n Klaviersolis sal vir die eerste keer tydens die Baroque Festival optree met Christina Park wat ’n concerto van J.S. Bach speel.
Gaskunstenaars Jurgen Kriess en Nicole D’Oliveira voer die winter- en somerconcerto’s uit Vivaldi se bekende werk, Vier Seisoene, op.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Bank Windhoek en ESI is die hoofborge wat vanjaar se konserte moontlik maak.
• Kaartjies is by Hermien Vries (061 374 102), die Nederduits Gereformeerde kerk in Eros (061 226 157) of op die Staytoday webtuiste beskikbaar. Enige navrae kan gerig word aan Johanita de Waal by 081 272 9922.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie