Basaar ’n reusesukses
Tanja Bause - Die jaarlikse mark en kosbasaar wat deur die Vereniging van Diplomatieke Eggenote (ADS) aangebied is, het N$90 000 ten bate van liefdadigheid ingesamel.
Rusland se ambassade het die grootste skenking van N$30 000 aan die ADS gemaak.
“Dit is die meeste geld wat ons in die agt jaar van die basaar van ’n enkele ambassade af ontvang het,” lui ’n verklaring wat die ADS uitgereik het.
Die hoëkommissariaat van Kenia en die ambassade van Spanje was in die tweede en derde plek.
Vanjaar het 19 uitstallers van verskillende ambassades en hoëkommissariate kos en handgemaakte items uitgestal.
Die geld wat ingesamel is, sal geskenk word aan uitgesoekte projekte wat vroue en jong vroue bemagtig.
Verlede jaar het die basaar en die ADS se glansdinee N$120 000 ingesamel.
N$100 000 hiervan is aan die Mammadu-trust in Otjomuise geskenk.
Dié geld is gebruik om ’n eetsaal en nog klaskamers vir die kinders aan te bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie