Basjir veg om oorlewing
Basjir veg om oorlewing

Basjir veg om oorlewing

Omar al-Basjir maak geen geheim daarvan nie dat hy ’n afkeer het in die jongmense van sy land wat die afgelope maand teen sy presidentskap in die Soedan betoog.

Die 75-jarige voormalige valskermsoldaat, wat sedert 1989 aan die bewind is, het tydens ’n toespraak vandeesmaand, die betogers “rotte” genoem wat “terug in hul gate moet klim”. Basjir het bygevoeg dat hy slegs vir ’n weermagoffisier sou plek maak, of as hy by die stembus geklop kan word.

“Hulle wil hê die weermag moet oorneem, dit is nie ’n probleem nie. As iemand inkom wat kakie dra, het ons geen klagtes nie,” het Basjir, wat self in ’n militêre uniform geklee was, aan troepe gesê by ’n basis in Atbara in die noorde van Soedan waar die betogings die eerste keer kop uitgesteek het.

Hy het ook in Arabies bygevoeg dat die weermag nie in ’n vakuum funksioneer en nie verraaiers ondersteun nie. “Die weermag ondersteun die tuisland,” het hy gesê.

Sedert hy die leisels oorgeneem het van wat destyds as Afrika se grootse land beskou is, het Basjir ’n uitgerekte burgeroorlog teen rebelle gevoer wat uiteindelik in 2011 tot ’n einde gekom het met die afstigting van Suid-Soedan en die verlies van meer as 70% van die land se olie.

Sedert 1993 was die Soedan afgesny van die buitewêreld met die VSA wat dit tot sy lys van lande gevoeg het wat Islamitiese militante huisves. Vier jaar later het Amerika sanksies ingestel.

INTERNASIONALE STRAFHOF

Basjir is ook deur die Internasionale Strafhof in Den Haag van massamoord in die Darfoer-streek beskuldig ná ’n opstand wat in 2003 daar begin het.

Betogings teen die regering is aan die uitkring. Basjir maak van sy veiligheidsmagte gebruik om die oproerige skares met traanrook en skerp ammunisie te bedwing.

Die nuutste vlaag van onrus het op 19 Desember begin toe die regering die prys van brood verhoog het. Volgens die owerhede het minstens 30 mense in die geweld gesterf. Plaaslike opposisie en menseregtegroepe meen dié syfer is nader aan 45.

Honderde mense is in die betogings beseer en talle deur die regering in hegtenis geneem. Die betogings het vinnig ’n politieke kleur gekry met mense wat nou eis dat Basjir se kop moet waai. Die voortslepende onrus het gou na ander dele van die land versprei wat normaalweg lojaal teenoor die president is.

Die regering se hardekwas reaksie jeens betogings het nie gekeer dat dit verder uitkring nie.

Basjir hoop dat die steun wat hy in die laaste 30 jaar onder die veiligheidsgemeenskap opgebou het, sal help met die huidige verset teen sy bewind. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!