Basson vroeg in seisoen op dreef
Basson vroeg in seisoen op dreef

Basson vroeg in seisoen op dreef

Resiesduiwe
Die Windhoek Resiesduifklub het die afgelope naweek sy tweede wedvlug van die seisoen oor 290 kilometer vanaf Gibeon gehou.

Steve Basson se wenduif het die jaaroud afdeling gewen met ’n gemiddelde spoed van 1383 meter per minuut. In die ope afdeling het Hennie Mare gewen met ’n gemiddelde snelheid van 1384 m/minuut.

Die posisies vanaf Gibeon in die tweede wedvlug was soos volg:

JAAROUD: Steve Basson 1ste, 2de, 3de; C&A Visser 4de tot 10de.

OPE: Hennie Maré 1ste en 3de; Jamadi Loft 2de en 4de; C&A Visser 5de, 8ste tot 10de; Leon Hokke 6de en 7de.

• In die klub se eerste wedvlug, ook vanaf Gibeon die vorige naweek (290 km), het Steve Basson beide afdelings gewen.

Sy wenduiwe in die jaaroud en ope afdelings het ’n gemiddelde spoed van onderskeidelik 1378 en 1384 meter per minuut gehandhaaf.

Die plekke is soos volg behaal:

JAAROUD: Steve Basson 1ste tot 6de; Leon Stoop 7de, 9de, 10de; Nollie de Villiers 8ste.

OPE: Steve Basson 1ste, 2de; Jaco Oberholzer 3de, 4de, 7de tot 10de;

Hennie Maré 5de; Dirk & Jomanda 6de.

• Die klub se volgende wedvlug is komende Saterdag vanaf Tses (390 km). Die seisoen duur tot in September, met die korter en middelafstande eerste voordat die langste wedvlugte vanaf Augustus aangepak word.

Belangstellendes is welkom om op die webblad www.wrdknam.com op die hoogte van die klub se bedrywighede te bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!