Basterkaptein-sage gaan Sondag voort
Dié gemeenskap se leierskaptwis woed voort weens verskillende opvattings oor hoe die vaderlike wette toegepas moet word.
Augetto Graig
In die Baster-gemeenskap van Rehoboth woed tans 'n magstryd oor kapteinskap, en eerskomende Sondag sal dié stryd omstreeks 15:00 by die Hermanus van Wyk-gedenksaal voortgesit word.
Die komitee aan die stuur van die groep Red die Rehoboth Bastergemeente het dié massavergadering belê sodat beswaarde Basters die verkiesing van 'n nuwe kaptein kan reël.
Dít moet natuurlik strook met hul vaderlike wette.
Die groep is vasbeslote dat die waarnemende kaptein, mnr. Martin Dentlinger, verwyder moet word en dat 'n nuwe kapteinsraad gekies moet word.
Volgens pastoor George Kotze, waarnemende mediasekretaris van Red die Rehoboth Bastergemeente, is Dentlinger onwettig en onreëlmatig in sy posisie as waarnemende kaptein, en geniet hy min ondersteuning van die gemeenskap.
“Dentlinger se selfaanstelling strook nie met die vaderlike wette van die Basters van Rehoboth nie. Dit is in stryd met artikel 3 van dié wette,” sê Kotze.
Ander lede van die komitee is mnre. Aldon Cloete, Willem Bismarck, Heleon Beukes, die parlementslid mnr. Jan van Wyk, mnre. Gino van Wyk, Manfred Draghoender, Lukas de Klerk, Josef Izaaks, pastoor Basie van Wyk, mnre. Henry Beukes, Tony Olivier, Edgar Dunn en Andy McNab.
Dentlinger beweer sy aanstelling as waarnemende kaptein deur die voormalige kaptein, mnr. John McNab, is nie onwettig of onreëlmatig nie.
Hy verskaf as bewysstuk 'n brief van 2013 wat deur kaptein McNab onderteken is.
Die brief het ook pastoor Kotze se handtekening, en Van Wyk se amptelike stempel, wat toe die administratiewe sekretaris van die Rehoboth Bastergemeente was.
Kotze sê egter die brief was “'n skelm truuk,” waarmee Dentlinger destyds die kapteinsraad gekul het.
Volgens Kotze het die raad slegs ingestem dat Dentlinger vir kaptein McNab weens gesondheidsredes help.
Die bedoeling was glo nie dat Dentlinger hom as kaptein vervang nie.
Kotze sê hy het geleer om “nooit 'n ding te teken wat jy nie self gelees het nie”.
Volgens hom kan Dentlinger volgens die vaderlike wette nie kaptein word nie, omdat hy nooit 'n formele lid van die kapteinsraad was nie.
'GEEN VOLKSRAAD'
Daar bestaan ook tans geen volksraad om die kaptein van raad te bedien of sy besluite te magtig nie.
“Hy kan nie sonder 'n volksraad regeer nie,” sê Kotze.
Maar Dentlinger hou voet by stuk dat kaptein McNab hom opdrag gegee het om die vaderlike wette weer tot hul reg te laat kom en om die gemeente te herstel.
Dentlinger sê die Bastergemeente is 'n private groep bestaande uit vrywillige lidmate en “die vaderlike wette, wat die gemeente se grondwet is, was deur alle lidmate geminag tot Dentlinger dit, in samewerking met die kapteinsraad, op 1 Februarie 2017 in werking gestel het”.
“'n Beroep is sedertdien op burgers gedoen om hul verantwoordelikheid teenoor die ooreenkoms met die gemeente na te kom,” sê hy.
Dentlinger sê niemand word verplig om lid van die Bastergemeente te wees nie.
“Die registrasieproses is om te bepaal hoeveel mense hulself met die vaderlike wette wil verbind of nie.
“Dit maak nie saak hoeveel steun daar is nie,” sê hy.
“Daar is 'n ongesofistikeerde vals inligting-veldtog teen die kantoor van die Rehoboth-kaptein aan die gang,” sê Dentlinger.
'BETAAL LIDMAATSKAP'
“'n Mens wonder waarom hulle dan nie net as kiesers registreer en die kaptein en raad van hul keuse kies nie?”
Dentlinger sê 'n volksvergadering is reeds op 21 Januarie gehou en van die nuwe komiteelede was teenwoordig sonder om enige beswaar te lê.
Hy sê: “Die Volksraad moet verkies word deur burgers (lede) wat hul fooie ten volle betaal het. Burgerskap het sedert 1990 in onbruik verval, daarom moet burgers registreer en hul lidmaatskap ten volle betaal. Dit is deel van kaptein McNab se opdrag.”
Daarná sal 'n verkiesing vir 'n nuwe kaptein gehou kan word, sê Dentlinger.
Kotze sê die meerderheid Basters stem nie saam met Dentlinger se registrasieproses nie, en die burgers (lede) beskou dit as 'n godslasterlike ritueel.
“Alle Baster-burgers wat nie bereid was om Dentlinger se agenda te ondersteun nie, is deur hom as bywoners verklaar wat nie aan die verkiesing kan deelneem nie,” sê Kotze.
“Hulle het hulle nie tot die vaderlike wette verbind nie,” sê hy.
Kotze is oortuig daarvan Sondag se vergadering sal goed bygewoon word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie