Basters moet leiers versigtig oorweeg
HELEON BEUKES SKRYF:
As 'n gebore Rehoboth-seun, 'n lid van die RBG en 'n Baster wat ook gebrandmerk word as 'n "bywoner", rig ek hierdie skrywe.
Martin Dentlinger en Collin Charles gaan onverpoos voort om hulle drang na erkenning te weerspieël. Op Radio Capricon word week na week gespartel om die gemeenskap te breinspoel en sodoende bekende leiers van die dorp se karakter te skend.
Hulle kan tot hede nie die gemeenskap oortuig van my sogenaamde koopaanbod vir die Kapteinshuis nie. Een leuen dra by tot die verwerping van jou geloofwaardigheid.
Dit is so ironies om te sien dat hulle hierdeur hul verskuilde agendas wil verdoesel deur die bestuur van die UPM se geloofwaardigheid te skaad. Martin en Collin was vir jare betrokke by die UPM en het ook werwings gedoen vir die UPM tydens die vorige verkiesing van die dorpsbestuur.
Hierdie UPM-bestuur wat nou so ongenaakbaar gestenig word, het bygedra om Martin 'n setel te besorg as dorpsraadslid. Hoekom nou die hand byt wat jou gevoed het of die speen waaraan julle almal gedrink het, minag?
Hierdie gebare is die kenmerk van iemand met 'n voorkop so hart soos 'n diamant. Indien hy nie sy sin kry nie, onttrek hy en gooi klippe. Hulle optrede en gesindhede is so jammerlik, maar ook verstaanbaar.
Hoe kan 'n berader, wat ook maar geraamtes in die kas het, die volgende persoon so harteloos skend?
Ek kon al tydens die vroeër radiogesprekke agterkom dat Martin en Collin nie so geneë is met die aanstelling van mnr. Jan van Wyk as verteenwoordiger in die parlement nie. Miskien was dit Martin se begeerte om hierdie portefeulje te bekom, alhoewel sy bydrae en betrokkenheid alleenlik die pad gevat het tot die woning van mnr. McNab.
Mnr. Jan van Wyk word beskuldig van bedrog, maar die tussentydse kaptein en kapteinsraad vat geensins verantwoordelikheid nie vir die skade wat veroorsaak was deur hul onvermoë om die Kapteinshuis te bestuur. Dit beloop etlike miljoene en ek sou reken dat die gemeenskap hulle tot verantwoording moet roep en rekenskap en terugbetaling moet eis. Die gemeenskap moet ook 'n verslag ontvang oor huurgeld vir die kapteinswoning.
Niemand is reg in die oë van 'n wetsgeleerde nie, want die wet self gaan jou meet.
Martin en Collin, is daar nie in die môre 'n lied in julle harte wat die genade van Jesus verklaar nie? Julle beklee julself weekliks met wapenrusting, alhoewel die genade van God oor julle reën.
Dan vra ek myself die vraag: Hoekom is dit so moeilik vir die sogenaamde tussentydse kaptein om te vermaan? Ons word dan juis vermaan om nie te sit in die kring van die spotter nie. As geestelike leier het jy hierdie verantwoordelikheid.
Miskien moet ek julle terugvat na die Bybelse gesegde van oorlede Philip: “As jy iemand sien steel en niks daaraan doen nie, is jy net so aandadig." Hoekom het julle nie daardie tyd met die verkiesing die finansiële kaskenades van die UPM ontbloot nie? Julle het dus die waarheid aan julle bekend, verberg of verkrag.
Wat my verder steur, is dat hierdie here ook minagtend praat teenoor die Namibiese regering en sy leiers. Ek glo julle optrede en politiese standpunte, asook julle minagtende uitsprake, gaan afstuur op 'n klag van hoogverraad.
Julle diktoriale denke en eksklusiewe beheer oor die gebruik van Radio Capricon was nie die siening van Philip nie.
Die Red Rehoboth Baster Gemeente eis dus diens vir betalings gemaak om sodoende hul standpunte te stel en ons sal die beherende owerheid sodanig verwittig. Daarom loof ek die ope, sosiale media wat wel die platform bied om ons griewe te kan deel met die res van die land.
Die ontstaan van die Red Rehoboth Baster Gemeente se primêre doel is om die gemeenskap in te lig oor die ongrondwetlike manier waarop die tussentydse kaptein benoem was. Ek vorm deel van 'n groep wat gemeenskaplike belange koester ondanks politieke verskille.
Martin Dentlinger was geensins deel van die struktuur van die destydse kapteinsraad wat volgens die Vaderlike Wette verkies was nie. Mnr. McNab het nie die voorgestelde riglyne gevolg volgens die Vaderlike Wette nie.
Hierdie groep kon ook ander se geraamtes, waarvan daar baie is, ontbloot het, maar wil nie graag daal tot daardie vlak nie. Indien hulle sou voortgaan, bestaan die moontlikheid dat die geraamtes ook oor die vlaktes van Rehoboth gaan lê.
Jy kan maklik meegevoer of gebreinspoel word deur 'n persoon wat die ”ek-sindroom” onderlede het en jou wil beïndruk met sy opgeleesde letterkunde, maar ek sou graag die gemeenskap wil versoek om selfevaluering te doen met die volgende riglyne:
• Geestelike oortuigings en effektiewe bydrae tot geestelike verryking van die gemeenskap.
• Diktoriale, of dan demokratiese karakter.
• Die leier se huidige stand, dit wil sê wat hy kan wys.
• Die leier se betrokkenheid by georganiseerde besigheid wat bydra bied tot ekonomiese vooruitgang van die gemeenskap (projekte).
• Voorbeelde van goeie bestuursvernuf waarna die gemeenskap kan opsien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie