Basters nomineer twee vir kapteinskap
Twee kandidate is vandag op Rehoboth as opvolgers vir wyle kaptein John McNab benoem.
Mnre. Jacky Britz en Rynault van Wyk sal sake om die posisie uitspook.
Gemoedere was in stadiums onstuimig tydens die nominasievergadering en Van Wyk het eers gesê hy is net verkiesbaar as die stemdag van 24 April uitgestel word om meer tyd vir veldtogvoering toe te laat. Later het hy formeel as kandidaat onttrek voordat hy homself weer verkiesbaar gestel het.
Die verkiesingskomitee het van meet aan teen verdelende politiek gewaarsku en ‘n beroep op vrede, vereniging en voorspoed gedoen. Daar sal met die kandidate oor die verkiesingsdatum gesels word.
Teen Sondag was daar volgens Van Wyk, wat homself op die laaste nipper registreer het, net 801 kiesers op die boeke.
By die vergadering is gestel dat 40 000 tot 60 000 mense ‘n verbintenis met Rehoboth het en dat daar ook groot belangstelling vir die verkiesing in Suid-Afrika is, asook in Duitsland.
Kommer is uitgespreek oor ‘n historiese swak opkoms by volksbyeenkomste en die onbetrokkenheid van die jeug. Covid-19-regulasies is as ‘n bykomende struikelblok uitgesonder.
Van Wyk het voor die nominasies aangekondig is op ‘n spreekbeurt aangedring en gepleit dat ‘n leier nie oorhaastig aangewys word nie. Volgens hom moet ‘n kaptein, wat byvoorbeeld met die regering in gesprek moet tree, minstens namens 15 000 mense praat.
Britz het egter geen beswaar gehad nie. “Ek is reg,” het hy verseker.
Ná Van Wyk se onttrekking was daar ‘n hoorbare gemor voordat hy later gesê het hy het “impulsief” opgetree. Hy het sy beswaar oor die tydsraamwerk herhaal, maar verseker hy is “ready to rumble”.
Net een persoon het beswaar aangeteken teen die aanlynregistrasie van kiesers en stemming op plekke buite Rehoboth onder toesig van geestelike leiers.
Die komitee het ‘n klagte deur mnr. Andy McNab verwerp dat hy glo Vrydag deur ‘n amptenaar by die kapteinskantoor weggewys is met die raad dat hy sy tyd en geld mors om as kaptein te staan.
‘n Spesiale bemarkingsveldtog van die verkiesing sal volgens die verkiesingskomitee op Rehoboth en in Windhoek plaasvind.
Buiten vir Rehoboth en Windhoek sal daar volgens voorlopige planne ‘n stempunt vir Walvisbaai en Swakopmund wees en stempunte op Oranjemund, Ongwediva, Schlip en Rietoog. ‘n Mobiele verkiesingspan sal op ander plekke in die omgewing van Rehoboth aandoen asook by tehuise en hospitale.
Die kandidate het tot 5 April om die voorgeskrewe ondersteunerslyste met minstens 200 name daarop in te handig.
Mnr. Martin Dentlinger, wat homself steeds as wettige tussentydse kaptein beskou en die titel van burgervoorsitter gebruik, en sy ondersteuners vorm ‘n faksie wat nie die bogenoemde verkiesingsproses erken nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie