BAT betaal in Februarie dividend
Die tabakmaatskappy British American Tobacco (BAT) gaan op 6 Februarie die laaste paaiement van sy tussentydse dividend betaal wat hy in Februarie vanjaar verklaar het.
BAT het op die JSE se Sens-nuusdiens gesê die Februarie-dividend sal betaal word aan alle aandeelhouers wat teen 27 Desember op sy aandeelregister is.
BAT het op 28 Februarie die tussentydse dividend van 203 pennies per gewone aandeel verklaar. Dit was betaalbaar in vier gelyke kwartaallikse paaiemente van 50,75 pennies elk. Die eerste drie is in Mei, Augustus en November betaal.
Die dividend word in pond verklaar, maar vir Suid-Afrikaanse aandeelhouers sal dit in rand betaal word teen die wisselkoers van R19,53 teenoor die pond – die sluitingsprys van die rand-pond-wisselkoers teen 10 Desember volgens Bloomberg.
Dit bring die dividend op R9,91 per aandeel te staan, volgens BAT. Ná dividendbelasting van 20% sal Suid-Afrikaanse aandeelhouers R7,93 per aandeel uitkry.
BAT se aandeelprys was Donderdagmiddag 1% laer op R574,67. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie