BAT katrol Reynolds in
BAT katrol Reynolds in

BAT katrol Reynolds in

Niel Joubert - British American Tobacco (BAT) het die verkryging voltooi van die belang in Reynolds American wat hy nog nie besit nie.

BAT het die oorblywende 57,8% in die Amerikaanse tabakmaatskappy vir sowat US$49,4 miljard gekoop, het die maatskappy gister gesê.

BAT het die samesmelting in Oktober verlede jaar voorgestel.

Reynolds besit onder meer Newport en Pall Mall, terwyl BAT se Dunhill, Peter Stuyvesant en Benson & Hedges aan Suid-Afrikaners bekend is.

Die samesmelting skep die wêreld se grootste genoteerde tabakmaatskappy en steek Philip Morris International, wat Marlboro­ maak, verby.

Nicandro Durante, uitvoerende hoof van BAT, sê die transaksie sal 'n sterker en volhoubaarder maatskappy skep.

“Ons meen dit sal voortgesette, volhoubare winsgroei en opbrengste vir aandeelhouers verseker.”

Reynolds is die tweede grootste tabakmaatskappy in Amerika. BAT is al sedert 2004 'n aandeelhouer van Reynolds.

Reynolds-aandele sal nie meer op die New Yorkse aandelebeurs verhandel nie.

Die transaksie is deel van 'n golf van samesmeltings in die tabakbedryf, wat sukkel weens 'n krimpende vraag na tradisionele sigarette en die onsekerheid wat nuwe produkte skep. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!