BAT se inkomste uit nuwe produkte styg
BAT se inkomste uit nuwe produkte styg

BAT se inkomste uit nuwe produkte styg

British American Tobacco (BAT), die wêreld se grootste internasionale tabakmaatskappy, se inkomste uit “volgende-geslag-produkte” sal volgende jaar meer as verdubbel.

Dié produkte sluit e-sigarette in asook toestelle wat tabak verhit sonder dat dit verbrand word.

Die groep verwag dat ’n inkomste van meer as £5 miljard teen 2022 uit dié nuwe produkte verdien sal word. Teen volgende jaar behoort die inkomste reeds £1 miljard te beloop.

Hoewel dié bedrag steeds min is vergeleke met sy tradisionele handelsname soos Lucky Strike en Dunhill, behoort dié sektor teen die einde van 2018 gelyk te breek en teen 2022 ’n “stewige wins” te lewer, het BAT in ’n inligtingsessie aan beleggers en ontleders gesê.

BAT is vol vertroue dat nog ’n jaar van goeie verdienstegroei vir die maatskappy in geheel bereik is. Teen die huidige wisselkoers verwag die maatskappy ’n styging van 6,5% in sy bedryfswins en 5,5% op sy wesensverdienste per aandeel. Die verbeterde prestasie word deur ’n swakker pond aangehelp.

Die maatskappy sê die prysomgewing in ’n paar van sy markte, veral Rusland, was moeilik.

BAT en sy mededingers, Philip Morris International, Japan Tobacco International en Imperial Brands, is in ’n stryd gewikkel om die beste opsies vir sigarette te ontwikkel vir mense wat probeer om op te hou rook.

Philip Morris is ’n kortkop voor in die segment vir produkte met tabak as grondslag met sy iQQS-toestel, maar BAT probeer opvang met ’n toestel genaamd glo.

Glo sal binnekort na sy vyfde land, Rusland, uitbrei. iQQS sal teen die einde van die jaar reeds in 30 markte te koop wees.

BAT se aandeelprys op die JSE was om 14:00 2,6% hoër op R896,42. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!