Baumgartsbrunn sal plan maak met vee in pad
'n Spanpoging kan help om die Daan Viljoenpad vir motoriste veilig te maak.
Elvira Hattingh - Die Baumgartsbrunn-gemeenskap sal 'n leier kies en 'n komitee stig om seker te maak hul vee bly uit die Daan Viljoenpad en die gemeenskap hou nie te veel diere aan nie.
Dít volg nadat 'n gesamentlike vergadering verlede Woensdag tussen die inwoners van die plaas, padgebruikers, die Westelike Khomas Boerevereniging, die Khowesno-misdaadvoorkomingsforum, asook die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum (JCPF) in die kerksaal op die plaas gehou is.
Die plaas is sowat 35 km buite Windhoek geleë.
Die Westelike Khomas Boerevereniging se voorsitter, mnr. Mike Jacobs, het Donderdag 2 November aan Republikein gesê die vergadering is op 'n baie positiewe noot afgesluit en die vereniging is ook bereid om die inwoners van die plaas te help om hulself te organiseer.
“'n Probleem ontstaan as vee in die padreserwe ingelaat word en nie weer kan uitkom nie. Afgesien van die vee moet motorbestuurders nog rekening met wilde diere ook hou. Die minste wat ons kan doen, is om die vee weg te hou,” het Jacobs gesê.
“'n Gesamentlike besluit is gemaak om in so 'n vergadering te belê omdat vee in padreserwes in die gebied tot ongelukke lei en dit, buiten vir inwoners, ook toeriste raak wat die pad gebruik om na die kus te ry,” het mnr. Frikkie Engels van die JCPF gesê.
Afgevaardigdes van die direktoraat van veeartsenydienste, asook die verkeersafdeling van die Namibiese polisie het ook die vergadering bygewoon. Eersgenoemde het onderneem om voorts die gemeenskap te help om hul diere op die NamLits-stelsel te registreer.
Die polisie se verkeersafdeling sal af en toe die pad patrolleer om seker te maak die diere is weg.
Dié aksie volg nadat die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) onlangs gesê het diere in padreserwes is jaarliks verantwoordelik vir sowat 3% van al die ongelukke wat op die land se paaie plaasvind.
In 2016 alleen het vee in padreserwes tot 140 motorongelukke gelei. Altesaam 13 mense is dood en 265 beseer. Die meeste van die ongelukke (42) het in die Otjozondjupastreek voorgekom, gevolg deur Oshikoto (17) en Hardap (13).
Dienooreenkomstig het die fonds 'n soortgelyke gesprek in Julie vanjaar met die Witvlei-gemeenskap gevoer oor hoe die probleem van vee in padreserwes aangepak kan word. Daar is toe ook met die Maltahöhe Boerevereniging en die Omutsegwonime-gemeenskap gepraat.
Die JCPF werk onder meer ook saam met die Dordabis-polisie om vee uit padreserwes te hou. Die inisiatief, wat reeds sedert November verlede jaar deur Dordabis se stasiebevelvoerder toegepas word, het ook ondersteuning van onder meer die kantoor van die prokureur-generaal en die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie