BBP-groei in SA u2018het skerp opgeswaai in 2de kwartaalu2019
BBP-groei in SA u2018het skerp opgeswaai in 2de kwartaalu2019

BBP-groei in SA ‘het skerp opgeswaai in 2de kwartaal’

’n Kenner sê solank daar beleidsonsekerheid en ondoeltreffende toepassing van beleid is, sal BBP-groei nie verbeter nie.
William Horne – Die ramp van die eerste kwartaal se 3,2%-inkrimping in die bruto binnelandse produk (BBP) was toe dalk wel net van korte duur, maar jaargroei sal nietemin tam bly.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê danksy nywerheidsproduksie se beduidende omkeer in April ná die verwoesting van die eerste kwartaal, is alle aanduidings dat die BBP in die tweede kwartaal met 3% gegroei het.

Nywerheidsproduksie, wat produksie in vervaardiging, mynbou en kragopwekking behels, het in April op ’n jaargrondslag met 23% gestyg. In die eerste kwartaal, dus die drie maande van Januarie tot Maart, was dié syfer -9,3%.

Volgens Bishop is dit veral die powere prestasie van nywerheidsproduksie wat die eerste kwartaal se inkrimping veroorsaak het.

Al blyk dit dat die verwagte omkeer dus goed op koers is, waarsku Bishop dat 3% groei in die tweede kwartaal steeds nie genoeg sal wees om ’n daadwerklike verskil te maak aan die treurige vooruitsig vir groei vir die hele 2019 nie.

“Dit sal nie baie bydra tot die groeisyfer vir die jaar nie,” sê Bishop in ’n navorsingsverslag wat Maandag uitgereik is.

“Ons verwag nou dat die BBP in 2019 ten beste met net 0,8% sal groei.”

Bishop sê solank daar beleidsonsekerheid en ondoeltreffende toepassing van beleid is, sal BBP-groei nie verbeter nie.

Sy verwys ook na ’n navorsingstuk van Business Unity South Africa (Busa) en Business Leadership South Africa (BLSA) genaamd “A Review of Regulatory Challenges and Policy Uncertainty Impeding Investment and Employment in South Africa” wat die noodlottige uitwerking van rompslomp en teenstrydige beleid op die private sektor uitwys.

Dít, tesame met hoe moeilik dit is om sake te doen in Suid-Afrika, belemmer enige poging tot doeltreffende groei en uitbreiding deur die private sektor, sê sy.

Dit kom in effek neer op die “de-industrialisering” van die land.

“Die de-industrialisering-tendens in Suid-Afrika het ook bygedra tot die verminderde geleentheid vir behoorlike werkskepping in die land. Die enorme rol van die staat in die ekonomie, en sy dikwels afwykende regulasies, moet verminder word om ekonomiese groei en werkgeleenthede te bevorder – ’n kopskuif wat dringend nodig is in die staat se nywerheidsbeleid.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!