BBP-syfers vernuwe, maar groei bly tam
BBP-syfers vernuwe, maar groei bly tam

BBP-syfers vernuwe, maar groei bly tam

Hanlie Stadler – Statistieke Suid-Afrika (SSA) moet vanjaar – soos hy elke vyf jaar doen – ekonomiese data aanpas om veranderinge in die ekonomie beter weer te gee.

Dit kan dit effens moeiliker maak om ekonomiese groeisyfers te vergelyk met dié van vorige jare, maar sal na verwagting nie ’n groot invloed op die land se powere groeisyfers hê nie.

Bloomberg berig SSA het in ’n e-pos bevestig die gewigte van die sektore wat gebruik word om die bruto binnelandse produk (BBP) te bereken, word in September aangepas. Dit beteken byvoorbeeld sektore wat opgang gemaak het sedert die vorige gewigte, soos informasietegnologie, kan ’n groter gewig kry, en ander sektore se gewig kan verminder word in pas met hul kleiner rol in die ekonomie.

SSA het ook aan Bloomberg bevestig dat die basisjaar vir die meting van die BBP bygewerk sal word – van 2010 tot 2015.

Dié veranderinge is standaardpraktyk en nie ’n sinistere politieke skuif om ekonomiese groei beter te laat lyk nie. Die vorige keer wat die syfers aangepas is, was in 2014.

Die nuwe gewigte en basisjaar sal geld vanaf die syfers oor die tweede kwartaal van 2020, wat op 1 September uitgereik word.

Die syfers vir die vierde kwartaal van 2019, wat dan ook die voljaargroei vir 2019 sal uitstippel, word op 3 Maart uitgereik en die syfers vir die eerste kwartaal van 2020 op 2 Junie.

Die 2019-syfers word met groot angstigheid afgewag omdat sommige ontleders vrees die land het in ’n resessie ingerol. Kwartaalgroei van -0,6% is in die derde kwartaal van 2019 gemeet en twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe groei is ’n resessie.

Verwagtinge vir ekonomiese groei vir sowel 2019 as 2020 en selfs 2021 is die afgelope weke deur verskeie liggame afgeskaal.

Beurtkrag, swak sake- en verbruikersvertroue, strukturele probleme in die ekonomie en ’n tam wêreldekonomie, wat uitvoer aan bande lê, word alom beskou as die redes waarom die plaaslike ekonomie nie sy potensiaal bereik nie.

Dit het verlede jaar tot rekordhoë werkloosheid van 29,1% gelei. As ontmoedigde werksoekers ingesluit word, skiet dit op tot 38,5%.

Dinsdag het Absa in ’n voorlegging oor die ekonomiese vooruitsigte vir 2020 voorspel 2019-groei gaan slegs 0,3% wees en vanjaar se groei slegs 0,9%. Vir 2021 voorspel Absa 1,2%.

Ander instellings het onlangs die volgende groeiverwagtinge uitgereik:

· 2019: Die Reserwebank, Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) verwag nou groei van slegs 0,4%.

· 2020: Die Reserwebank voorspel groei van 1,2% vir vanjaar, terwyl die Wêreldbank 0,9% voorspel en die IMF 0,8%.

· 2021: Die Reserwebank voorspel 1,6%, die Wêreldbank 1,3% en die IMF 1%.

Suid-Afrika se BBP het in 2018 R4 900 miljard beloop.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!