BCC wil beter samewerking in bestuur van Benguelastroom hê
Voorts sal die kommissie veral fokus op die volhoubare medebestaan van verskeie ekonomiese gebruike en om bestuursmaatreëls binne die BCLME-gebied te versterk.
Elvira Hattingh
“Meer studies is nodig om sake soos die myn van fosfaat en ander mariene aktiwiteite te ondersoek sodat die impak op die ekostelsel en die lewensvatbaarheid daarvan vasgestel kan word.”
Dit is een van die punte in die amptelike communiqué wat na afloop van die Benguelastroom-kommissie (BCC) se vyfde ministeriële konferensie saamgestel is. Die konferensie het Donderdag 8 Desember in Swakopmund plaasgevind en daar is onder meer beraadslaag oor die vordering wat met die toepassing van die 2015-17 Strategiese Aksieprogram (SAP) gemaak is.
Ander punte op die agenda was besprekings oor die rasionaal agter oorgrenssamewerking op mariene omgewingsprobleme, geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling in die Benguelastroom Groot Mariene Ekostelsel (BCLME), asook strategieë om spesifieke oorgrenskwessies en seismiese opnames te hanteer – spesifiek waar dit betrekking het op die tunabedryf of die myn van fosfaat asook die omgewing.
Mnr. Bernhard Esau, die Namibiese minister van visserye en mariene hulpbronne, is as die BCC se nuwe voorsitter vir die volgende twee jaar aangewys en neem die leisels by Angola se minister van visserye, dr. Victoria de Barros Neto, oor.
Esau het gesê hy wil fokus op meganismes wat die volhoubare medebestaan van verskeie ekonomiese gebruike soos visvang, mynbou, vervoer en toerisme sal verseker. Verder moet bestuursmaatreëls binne die Groot Mariene Ekostelsel (BCLME) versterk word en 'n beter begrip van klimaatsverandering, en maatreëls ter versagting daarvan, ontwikkel word.
Ander punte
Ander punte op die finale communiqué het ingesluit dat die sekretariaat versterk moet word en meer professionele rolspelers uit lidlande moet betrek, dat samewerking nodig is om onwettige of ongereguleerde visvangaktiwiteite te voorkom en die volhoubare verbruik daarvan te verseker, dat gesamentlike navorsing tussen lande van stapel gestuur moet word en dat die BCC selfonderhoudend moet raak as dit by befondsing kom.
Die BCC wil voorts gebeurlikheidsbeplanning saam met die private sektor begin in geval van oliestortings in die see en is van mening dat heffings ingestel moet word op diegene wat van hulpbronne in die BCLME-gebied gebruik maak, wat as 'n bron van volhoubare befondsing vir die BCC kan dien. Die konferensie is deur tien ministers en hul adjunkte uit Angola, Suid-Afrika en Namibië bygewoon.
Die ministers het onder meer visserye en mariene hulpbronne, omgewingsake, minerale hulpbronne, myne en energie, vervoer en petroleum verteenwoordig. Ander konferensiegangers het lede van die diplomatieke korps, ontwikkelingsvennote, leiers uit mariene nywerhede asook akademici ingesluit.
Die hoof van die Suid-Afrikaanse afvaardiging vir die konferensie, dr. Edna Molewa, wat ook die buurland se minister van omgewingsake is, het gesê die BCC is die eerste wetsraamwerk ter wêreld wat op die bestuur van 'n groot mariene ekostelsel-benadering gebaseer is.
Sy het gesê Suid-Afrika werk tans hard daaraan om voorstelle te implementeer wat tydens die eerste ekonomiese beplanningsessie vir oseane in 2014 gemaak is.
“Ons noem dit Operasie Phakisa en fokus op sleutelgebiede vir ontwikkeling, naamlik mariene vervoer en vervaardiging, olie- en gaseksplorasie in die see, akwakultuur asook mariene beskermingsdienste.”
Sy het 'n beroep op Angola en Namibië gedoen om ook die Antarktiese-verdrag te onderteken. Verder het sy gesê teikens soos gestel in onder meer die Afrika-unie se Agenda 2063, die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling van die Verenigde Nasies asook die Parys-ooreenkoms om klimaatsverandering te bekamp, moet in die BCC se teikens erken en geïntegreer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie