BDF-uitspraak is geen verrassing, su00ea Kapofi
BDF-uitspraak is geen verrassing, su00ea Kapofi

BDF-uitspraak is geen verrassing, sê Kapofi

Landdros Taboka Mopipi het beslis die Botswana-weermag kan nie aanspreeklik gehou word vir die dood van twee broers en hul neef nie.
Mathias Haufiku
Namibian Sun-redaksie – Ná die landdroshof in Kasane, Botswana, lede van die Bo­tswana-weermag (BDF) vrygespreek het wat die Namibiese broers Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo en hul neef Sinvula Muyeme – wat 'n Zambiese burger was – doodgeskiet het, het die minister van verdediging en vete­ranesake, mnr. Frans Kapofi, gesê hy is nie verbaas nie.

Die BDF het die Nchindo-broers en Mayeme in November 2020 doodgeskiet, en het beweer die vier vissermanne was in 'n beperkte gebied van die Choberivier. Landdros Taboka Mopipi het beslis die BDF kan nie aanspreeklik gehou word vir die dood van die broers en hul neef nie.

Kapofi het gesê hy het nie verwag dat die hof teen die BDF-lede sal beslis nie.

“Ek dink nie ek het iets anders verwag nie, dis hulle hof ... Hulle het besluit. Ek dink nie enigiemand sou enigiets anders verwag nie.”



BDF SE OPTREDE VERDEDIG

'n Verteenwoordiger van Namibian Lives Matter, mnr. Charles Siyauya, sê die uitspraak is betreurenswaardig, maar nou is dit tyd vir diegene wat geraak is om vorentoe te beweeg.

Hy het beklemtoon dat 'n klein oorwinning wel behaal is.

“Dis 'n klein oorwinning, maar vir die eerste keer is 'n geregtelike doodsondersoek gedoen na die verlies van onder meer Namibiese lewens aan die hande van die BDF,” het Siyauya gesê.

Mnr. Pius Mokgware, die voormalige bevelvoerder van die BDF se grondmagte, het gesê die uitspraak beteken geensins dat die land se weermag die lewens van diegene wat langs die grense met Botswana woon, onnodig sal bedreig nie.

“Die BDF respekteer die wet. Hulle sal nooit teen of buite die internasionale wette optree nie. Ek kan jou en elke Namibiër verseker. Hulle weet hoe belangrik Namibië vir Botswana is, veral dat ons families aan beide kante van die grens het,” het hy gesê.

Hy het verder die BDF se optrede verdedig en gesê die slagoffers het onwettig 'n beperkte gebied betree.

“Daar is duidelike bewyse die mans was verkeerd as mens na die tyd van die voorval en die plek in oënskou neem.

“Aangesien hulle plaaslike inwoners is, word veral van hulle verwag om die reëls te ken.”

[email protected]

FOTO’s
Namibian Lives Matter het in November 2020 deur Windhoek se strate geprotesteer teen die BDF se skietery van Namibiese vissermanne. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!