Beu00addrogu00adsaak sloer 7 jaar
Beu00addrogu00adsaak sloer 7 jaar

Be­drog­saak sloer 7 jaar

Ná jare het die afsny van kragtoevoer na die hofgebou pas weer 'n bedrogverhoor op Mariental gepootjie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Sewe jaar nadat ’n bedrogsaak van sowat N$4 miljoen teen twee voormalige boekhouers van Mariental aanhangig gemaak is, moes dié verhoor vandeesweek opnuut uitgestel word.

Dié keer omdat die streekhof op Mariental se krag af is.

Die twee beskuldigdes, me. Madeleine Kirsten (47) en haar man, mnr. Gideon Johannes (Johan) Kirsten (45), is reeds op 27 Februarie 2012 in hegtenis geneem, waarná hulle op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat is.

Die egpaar staan tereg op 121 klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal.

Die egpaar het kliënte se terugbetalings van die ontvanger van inkomste na bewering vir hulself toegeëien.

Die klagte spruit uit die tyd nadat die Kirstens die rekenkundige firma Namib Finansiële Adviesdienste op 1 Maart 2009 by mnr. Max Meyer oorgeneem het. Hulle het dit onder die naam Namib Accounting Services BK bedryf.

Die bewering is dat hulle die belastingtjeks wat deur die ministerie van finansies aan hulle kliënte terugbetaal is, óf by die bank gewissel het óf in hul persoonlike bankrekeninge inbetaal het.

Meyer het destyds van die vermeende bedrog met die belastingtjeks bewus geword en dit by die polisie aangemeld.

“Die Kirstens is nog nie eens gevra om te pleit nie. Veertien van die ongeveer sestig mense wat na bewering deur hulle benadeel is, leef nie meer,” sê Meyer, wat ongelukkig is omdat die saak keer op keer uitgestel word en nie ’n enkele getuie al geroep is nie.

Die verhoor is gister tot die week van 24 Junie uitgestel.

Adv. Albert Strydom tree in opdrag van mnr. JP van Zyl vir die Kirstens op.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!