Beampte bekend wat in Otji-ongeluk sterf
Beampte bekend wat in Otji-ongeluk sterf

Beampte bekend wat in Otji-ongeluk sterf

NAMPA
Die verkeersbeampte wat Maandag naby Otjiwarongo in ’n motorfietsongeluk gesterf het, is as mnr. Joseph Severus (54) geïdentifiseer.

Severus was ’n senior verkeersbeampte van die Namibiese polisie en is volgens die polisie se bevelvoerder in die Otjozondjupastreek, komm. Heinich Tjivese, deur sy familie uitgeken.

Die beampte het glo beheer oor sy motorfiets verloor en dit het verskeie kere omgeslaan. Die ongeluk het om 15:15 sowat 35 km noord van Otjiwarongo plaasgevind.

Severus was aan diens en het van ’n plaas tussen Otjiwarongo en Otavi af teruggekeer toe die ongeluk gebeur het.

Die polisieondersoek duur voort. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!