Beampte vas oor omkopery by blokkade
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het bevestig hy het sers. Fillemon Garuseb (31) op 18 Oktober op klagte van korrupsie in hegtenis geneem.
Garuseb is verbonde aan die Katutura-polisiekantoor.
Hy het glo N$4 000 se omkoopgeld van ’n lorriedrywer geëis ná die trok by ’n padblokkade op Rehoboth ondersoek is. By inspeksie is glo ontdek die lorrie se voertuig- en bedryfslisensie is vervals. Die voorval is by die ACC aangemeld waarná die kommissie vir Garuseb ’n lokval gestel het en hy vasgetrek is toe hy glo N$4 000 van die lorriedrywer ontvang het.
Garuseb het verlede Maandag in die Windhoek-landdroshof verskyn en is borgtog geweier sodat die saak verder ondersoek kan word en hy regsverteenwoordiging kan bekom. Die saak is tot 19 November uitgestel.
Volgens die ACC het die beskuldigde soortgelyke hangende sake teen hom.
Hy is al voorheen daarvan beskuldig dat hy die teenkorrupsiewet oortree het ná hy glo by dieselfde padblokkade N$1 000 se omkoopgeld ontvang het.
Dié saak is tot 26 November uitgestel, wanneer Garuseb sal pleit.
Hy was ten tyde van die jongste voorval op borgtog van N$2 000 uit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie