'Bearded Men' samel geld in
Yochanaan Coetzee - Paratus Telecom se 11 Bearded Men het vanjaar met hart en siel en baard en snor by die Movember-veldtog betrokke geraak.
Snorre en baarde is met mening laat groei, terwyl die manne ook beloof het om hul veldtog met ''n drafstap in Onafhanklikheidslaan te vier. Die 11 mans het Vrydagmiddag hul baarde amptelik afgeskeer om die einde van hul veldtog te vier. Teen druktyd is N$75 000 ingesamel wat aan die Kankervereniging van Namibië oorhandig sal word.
“Baie van ons het of ken familielede of vriende wat ervarings met kanker gehad het. Benewens die fisieke en emosionele impak, plaas dit groot druk op families se finansies,” het die hoof uitvoerende beampte van die groep, mnr. Barney Harmse, gesê.
“Mediese fondse kan uitgeput raak en mense moet noodgedwonge geld insamel. Op die ou einde bly die Kankervereniging ''n betroubare bron van hulp vir persone met kanker.”
Die 11 mans het ter afsluiting van hul suksesvolle insamelingsveldtog skoongeskeer in hul tekkies en onderklere Onafhanklikheidslaan kafgedraf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie